Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Stad reg soos ’n roer vir ANC se groot indaba
Dec 12 2007 11:35:18:423PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marietie Louw-Carstens


Polokwane (Pietersburg). – Verskeie afgevaardigdes wat die ANC-kongres buite dié stad in Limpopo gaan bywoon, sal etlike kilometers verder in dorpe soos Tzaneen en Mokopane (Potgietersrus) moet tuisgaan omdat die hoofstad nie meer plek vir ’n muis het nie.

Mnr. Bennie Boshielo, ANC-woordvoerder in Limpopo en ook hoof van die Limpopo-toerismeraad, het gister gesê die hele provinsie is 100% reg vir die kongres wat Sondag afskop by die Universiteit van Limpopo.

Volgens hom sal die vervoerbedryf ook ’n reuse-inspuiting kry omdat die afgevaardigdes wat nie in koshuise op die kampus van die Universiteit van Limpopo bly nie, tussen die kampus en omliggende dorpe sal moet pendel.

Van die afgevaardigdes gaan in hotelle en gastehuise in Mokopane (Potgietersrus) woon, wat sowat 60 km van Polokwane is.

Tzaneen, wat sowat 80 km van Polokwane is, maak ook gereed vir ’n klomp besoekers.

Boshielo het gesê die toerismeraad het ’n beroep op winkeleienaars in Polokwane gedoen om hul winkels gedurende die kongres tot 21:00 saans oop te hou.

Restaurante is ook gevra om hul besigheidsure te verleng tot 23:00.

Boshielo het gesê alles is in plek. “Die groot markiestent, waar die kongres gehou sal word, het lugverkoelingstelsels.”

Beeld verneem egter die markiestent waar drie etes per dag bedien gaan word, het nie lugverkoeling nie.

Altesaam 1 200 afgevaardigdes het aangedui dat hulle Halaal-kos wil hê. Kader het gesê drie disse per dag sal per kop voorbrei word, dus sal 3 600 halaal-etes elke dag beskikbaar wees.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |