Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Winnie se voorstelle vir ANC-krisis ‘slaan stom’
Dec 13 2007 09:03:31:807AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Pieter du Toit


Die ANC moet ’n ferm besluit neem dat mnr. Jacob Zuma in 2009 president van die land word én daar moet ’n oplossing gevind word vir sy “regsprobleme”.

Dís twee van me. Winnie Madikizela-Mandela, ’n partyveteraan en voormalige vrou van oudpres. Nelson Mandela, se “ses pilare” waarop toekomstige ANC-eenheid rus en wat tot ’n moontlike ontlonting van die leierstryd kan lei.

Sy skryf in ’n brief aan mnr. Kgalema Motlanthe, sekretaris-generaal van die ANC, daar is ’n byna algehele ineenstorting van die party se dissipline en fokus.

“(Dit word geken aan) ’n ongekende vlak van selfbelang en ongevraagde openbare uitsprake, aanvalle en teenaanvalle en die oënskynlike normalisasie van onkameraadagtige gedrag en retoriek op vlakke van intensiteit nog nie vantevore in die lang geskiedenis van die beweging gesien nie,” skryf sy.

Sy sê nie die sogenaamde Zuma- óf Mbeki-kandidatelys sal die party kan verenig nie en daar moet op ’n “ANC-lys” besluit word.

Benewens dat Zuma in 2009 president word en dat na sy “regsprobleme” gekyk word, stel Madikizela-Mandela voor Zuma en Mbeki moet tot in 2009 in hul huidige ampte aanbly.

Voorts moet die ses top-ampte in die party verteenwoordigend van alle standpunte wees, moet ’n 50/50 genderverhouding gehandhaaf word en moet die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) “die verskeidenheid van opinie en standpunte van al die lede van die beweging” verteenwoordig.

Haar poging is daarop gemik om te voorkom dat die party se nasionale konferensie in Polokwane in ’n blote faksiegeveg ontaard waarin algehele oorheersing deur een groep oor die ander die doelstelling is.

“Ten einde dié realistiese en naderende katastrofe te vermy, lê ek die voorstelle ter tafel,” skryf Madikizela-Mandela.

Dit was teen laat gisteraand nog nie duidelik of Mbeki en Zuma haar uitnodiging om ’n ontmoeting aanvaar het nie.

Prof. Steven Friedman van Idasa sê die ANC sal “redelik dwaas lyk” as hy die voorstelle ernstig oorweeg. “Sonder om eers by die politiek te kom, sit ons met ’n grondwetlike dilemma met die voorstel dat na Zuma se ‘regsprobleme’ gekyk word. Dit impliseer inmenging by die regbank en is uiteraard totaal en al ongrondwetlik.”

Dit sal ook aan ANC-lede die boodskap stuur dat hulle geen sê het in wie hul leier moet wees nie en dat op die leierskorps besluit word sonder dat ’n enkele stem uitgebring word.

“Haar voorstelle is nogal verstommend,” sê Friedman.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |