Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Polokwane het nie meer plek vir ’n muis nie
Polokwane (Pietersburg). – Sommige afgevaardigdes wat die ANC-kongres hier gaan bywoon, sal in ander dorpe soos Tzaneen en Mokopane (Potgietersrus) moet tuisgaan omdat Polokwane nie plek vir ’n muis het nie. Mnr. Bennie Boshielo, ANC-woordvoerder in Limpopo en ook hoof van die Limpopo-toerismeraad, het gister gesê die provinsie is 100% reg vir die kongres, wat Sondag begin by die Universiteit van Limpopo, sowat 30 km van Polokwane. Volgens hom sal die vervoerbedryf hier ’n reuse-inspuiting kry omdat die afgevaardigdes wat nie op die universiteitskampus tuisgaan nie, tussen die kampus en omliggende dorpe sal moet pendel. Van die afgevaardigdes sal in hotelle en gastehuise in Mokopane (Potgietersrus) tuisgaan, wat sowat 60 km van Polokwane geleë is. Tzaneen, wat sowat 80 km van Polokwane is, maak ook reg vir baie besoekers. Boshielo het gesê die toerismeraad het ’n beroep op winkeleienaars in Polokwane gedoen om hul winkels gedurende die kongres tot 21:00 saans oop te hou. Die meeste winkels in Polokwane sluit elke dag hul deure omstreeks 17:00; dus is die verlengde sake-ure ook tot voordeel van alle plaaslike inwoners. Restaurante is ook gevra om hul ure tot 23:00 te verleng. Die meeste restaurante laat gewoonlik nie klante ná 21:00 of 22:00 toe nie. “Ons wil hê die afgevaardigdes moet die geriewe van ons provinsie geniet wanneer hulle elke dag klaar is met die kongres,” het Boshielo gesê. Mnr. D.K. Mohuba, woordvoerder van die Universiteit van Limpopo, het gesê hy mag nie oor die voorbereidings vir die kongres praat nie. Hy wou nie eens sê of daar nog enkele studente op die kampus is nie. Volgens Boshielo is alles gereed. “Die groot markiestent, waar die kongres gehou sal word, het ’n lugverkoelingstelsel,” het hy gesê. Beeld verneem egter die markiestent, waar drie etes per dag voorgesit gaan word, het geen lugverkoeling nie. Die universiteitsbestuur het gister die kampus amptelik aan die ANC oorhandig tot volgende Vrydag. Slegs ANC-kaartlede, veiligheidspersoneel, polisie en die SAUK word tans op die kampus toegelaat. Me. Firoza Kader van die Oasis Lodge het gesê haar onderneming is verantwoordelik vir alle halaal-disse tydens die kongres. Altesame 1 200 afgevaardigdes het aangedui hulle wil halaal-kos hê. Kader het gesê drie disse per dag per kop sal berei word; dus sal 3 600 halaal-etes elke dag beskikbaar wees. “Van die disse sal by Oasis Lodge berei word en ander weer op die kampus,” het Kader gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|