Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Klappe verskuil, maar g’n name
Polokwane (Pietersburg). – In ’n kwalik verskuilde dwarsklap na sy teenstander in die leierswedloop, mnr. Jacob Zuma, het pres. Thabo Mbeki afgevaardigdes gevra om die “morele slaankrag” van die ANC-beweging te herstel deur dit te beskerm teen “die verradelike lokmiddels van korrupsie, voortrekkery en magshonger”. Mbeki het in sy openingsrede herhaaldelik na Zuma gekap met talle verwysings na etiese en morele waardes en hoe die leierskap van die ANC sulke waardes moet vergestalt. Hy het egter nêrens in sy toespraak Zuma by die naam genoem nie. In nog ’n stelling wat geïnterpreteer kan word as van toepassing op Zuma, het Mbeki gesê die ANC beywer hom in die stryd teen “verkragting, seksuele mishandeling, en gesinsgeweld”. Mbeki het ook sy afkeer van “die voortbestaan van seksisme, patriargale houdings en gebruike binne die party” in sy toespraak verwoord. – Abigail Isaacs
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|