Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Afgevaardigdes trots op Bokke
Dec 16 2007 10:35:57:573PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die Springbok-rugbyspan se sukses in die Wêreldbeker-rugbytoernooi het duidelik nie net ’n indruk op pres. Thabo Mbeki gelaat nie – benewens die hordes Springboktruie en -pette wat deur ANC-afgevaardigdes gedra is, het verwysings na die span in gister se gelaaide politieke stemming juigkrete ontlok.

Mbeki het die span weer gelukgewens en gesê hulle het die land trots gemaak. “Alle Suid-Afrikaanse sportmanne en -vroue moet hulle voorbeeld navolg en ons land se vlag hoog hys in die internasionale arena.”

Hy het twee keer na die Springbokke verwys en gesê dit is duidelik die kwessie van nasionale simbole is ’n belangrike een. “Baie Suid-Afrikaners was geraak (deur die Springbokke se oorwinning), nie net op die manier waarop die Springbokke die toernooi gewen het nie, maar deur die manier waarop hulle die volkslied gesing het – met passie, emosie en entoesiasme.”

– Pieter du Toit


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |