Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Lekota betaal die prys vir kritiek teen Zuma
Dec 16 2007 10:35:54:400PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Mosiuoa Lekota, nasionale voorsitter van die ANC, is gister telkens deur konferensiegangers by die ANC se nasionale kongres buite Polokwane uitgejou. Foto: Bongiwe Gumede
Jan-Jan Joubert en Pieter du Toit


P olokwane. – Die wyse waarop die Mbeki-kamp die vertroue van en beheer oor die ANC verloor het, is gister miskien ten beste ge-illustreer toe mnr. Mosiuoa Lekota uit die voorsitterstoel beheer verloor het oor die party se nasionale konferensie.

Lekota se uitgesproke kritiek op mnr. Jacob Zuma die afgelope paar weke het hom duidelik die gramskap van die Zuma-kamp op die hals gehaal.

Die moeilikheid het begin toe sy gesig op die grootskerm verskyn het en hy ’n hewige teenreaksie van ’n groot deel van die skare moes trotseer.

Ander Mbeki-ondersteuners soos ministers Essop Pahad, Nkosazana Dlamini-Zuma en Manto Tshabalala-Msimang (uitgevat in ’n verpleegjassie) moes ook deurloop terwyl Zuma-ondersteuners soos me. Baleka Mbete (speaker van die Nasionale Vergadering), oudpremier Mathews Phosa en dr. Blade Nzimande van die SAKP luidkeels toegejuig is.

Maar Lekota was Zuma-ondersteuners se hoofteiken.

Eers het hulle, soos verwag, hul lied “Awuleth’ umshini wami” (“Bring my masjiengeweer”) aangehef. Lekota het hulle tot orde geroep, maar is geïgnoreer terwyl baie afgevaardigdes die sokkerteken gegee het vir ’n plaasvervanging.

Ná die gebede deur geestelikes is Lekota openlik getart. Sy interpretasie oor selfs die mees basiese kwessies, soos die aanvaarding van die program, is op ontwrigtende maniere uitgedaag met die duidelike doel om hom in die verleentheid te stel.

Telkens moes die party se sekretaris-generaal, mnr. Kgalema Motlanthe, ingryp om die oproeriges tot orde te roep, en sodra hy agter die mikrofoon verskyn het, was hulle so mak soos lammetjies.

Die grootste stryery het gekom toe mnr. Sihle Zikalala namens die jeugliga gevra het dat stemme met die hand getel word (soos die Zuma-kamp wou hê) eerder as elektronies. Dit het voorgekom of Lekota hom ignoreer en hy het gevra of daar enige sekondante vir die verkiesingsreëls is.

Hy het ontevredenes herinner dat die nasionale uitvoerende komitee (NUK), waarvan Zikalala lid is, besluit het op elektroniese telmetodes. Zikalala het toe onder groot toejuiging gesê Lekota kan nie maak soos by die NUK nie: “Jy kan nie besluite oor sulke kwessies alleen namens 4 000 afgevaardigdes neem nie!”

Mikrofone is ook gebruik om anoniem van die vloer af vir Lekota te treiter. Op ’n keer het Lekota gevra: “Wie is buite orde?” en van die vloer af was die antwoord: “Jy is!”

Die Vrystaat en KwaZulu-Natal het dit duidelik gemaak dat hulle nie aan Lekota gehoor gaan gee nie en hy is gedurig onderbreek. Toe hy aan hulle begin toegee, het ’n afgevaardigde uit die Mbeki-kamp gevra of hy na hulle ook sal luister as hulle hom ook intimideer.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |