Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Armoede onder SA burgers is só aangepak’
Dec 16 2007 10:35:50:587PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jan de Lange


Polokwane. – Die bekamping van armoede was die tema van pres. Thabo Mbeki se ekonomiese oorsig in sy toespraak.

“Sedert 2004 het die ekonomie jaarliks met meer as 4,5% gegroei, insluitende vanjaar. Dit is die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis dat ons vir vier agtereenvolgende jaar elke jaar meer as 4,5% groei,” het hy gesê.

“Dié hoë groeikoerse se gevolg is dat ons die groeiteikens in Asgisa oortref het. Dit beteken ook dat die werklike gemiddelde inkomste per persoon gestyg het van R29 000 per jaar in 2001 tot meer as R35 000 in 2006.”

Die vordering met die terugrol van armoede spruit hoofsaaklik uit die groei in indiensneming en die toename in maatskaplike toelaes.

Op die vorige nasionale kongres is ooreengekom dat die ekonomie gestabiliseer moet word deur staat­skuld te verminder. Dit is gedoen en die begrotingstekort is verminder van 2,8% in 1999 tot ’n klein surplus vanjaar, maar dit is allermins gedoen deur staatsbesteding te sny, het Mbeki gesê.

“Staatsbesteding het die afgelope vyf jaar met sowat 9,4% per jaar gestyg. Dit beteken dat besteding per persoon teen dubbeld die groeikoers toegeneem het. Nogtans het ons ook staatskuld en die begrotingstekort verminder,” het hy gesê.

Die getal mense wat maatskaplike toelaes ontvang, het gestyg van 2,5 miljoen in 1999 tot meer as 12 miljoen vandag, deels danksy ’n besluit op die Stellenbosch-konferensie dat die ouderdom van kinders wat vir die toelae kwalifiseer, verhoog word van 7 jaar tot 14 jaar.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |