Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Sy swaard en sy skild
Dec 17 2007 07:26:06:833PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Afgevaardigdes mag nie T-hemde dra wat hul voorkeur vir óf pres. Thabo Mbeki óf Zuma verkondig nie. Hierdie kongresganger het op 'n Che Guevara-hempie besluit. Foto: Bongiwe Gumede

Sal dit regtig in landsbelang wees as daar voortgegaan word om mnr. Jacob Zuma voor die hof te daag sou hy wel die leisels van die ANC opneem? Jan-Jan Joubert stel 'n paar perspektiewe tans in sekere regskringe.

Wat gebeur met die klagtes van korrupsie en bedrog teen hom noudat dit – sonder om die uitslag vooruit te loop – regtig lyk asof mnr. Jacob Zuma die meerderheidsteun geniet op die ANC se nasionale konferensie by ’n snikhete Polokwane (Pietersburg)?

Die Engelse spreekwoord lui dat die konsert nie verby is voor die vet vrou gesing het nie.

Sy sing dalk nog nie, maar op die oog af is sy aan die keel skoonmaak vir pres. Thabo Mbeki se swanesang.

Zuma se ondersteuners het veel te vertel oor sy goeie eienskappe, maar een punt besorg hulle kennelik hoofbrekens. Dit is die spreekwoordelike olifant in die kamer vir Zuma-ondersteuners: Die waarskynlike hofsaak teen hom in die Natalse hooggeregshof.

Met dié dat adv. Vusi Pikoli geskors is, sal die besluit om te vervolg vir die afsienbare toekoms afhang van adv. Mokotedi Mpshe, wat in Pikoli se plek waarneem.

Daar is diegene wat uit sy geskiedenis as provinsiale direkteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal aanvoer hy sit graag op die draad, toets die wind en draai dan sy mantel.

In die ANC se solidariteitsoekende, blinde navolging van leierskap sal dit dan seker ook die party se amptelike standpunt word, en die amptelike weergawe sal soos altyd een wees van volkome eensgesindheid, al word dit hier in Polokwane as ’n infame leuen uitgewys.

En buite die party sal almal vermoed dat die misbruik van staatsmag waarteen Zuma dit so het onder ’n Mbeki-bewind, onder sy leierskap floreer met die presidentskap en die swaardmag as skild teen vervolging.

Die omvattende en puntenerige aard van die Skerpioene se saak sal aangesny word, en mense sal oor ’n piesangrepubliek fluister.

Maar die interessanter scenario ontvou as Mpshe besluit om wel aan te kla, want hierdie saak word eerstens in KwaZulu-Natal besleg.

Die afgelope tyd raak ’n mens bewus van drie kwessies waaroor daar in KwaZulu-Natalse regskringe gegons word.

Die eerste sou wees wie die regter sou wees wat Zuma moet verhoor indien hy aangekla sou word.

Die persoonlikhede van regters Hilary Squires en Herbert Msimang het onderskeidelik ter sprake gekom tydens die Shaik-verhoor en die aanvanklike verhoor van Zuma.

Die saak sal toegewys word deur regter Vuka Tshabalala, regter-president van KwaZulu-Natal.

Hy sal goed op die hoogte wees van die gevoel in die provinsie, wat hy glo deel, dat dit nie verkieslik is om ’n swart regter te gebruik nie weens die verbintenis tussen Zuma en die meeste van die regters.

Dit wil voorkom asof die vingers algaande wys in die rigting van Tshabalala se adjunk, regter Philip Levinson. Hy is uiters streng, sal nie van ’n omstrede hofsaak wegskram nie, word as polities absoluut verbind tot transformasie beskou en sy termyn verstryk in 2009. Hy kan dus nie deur verdere aspirasies verlei word nie.

Daar is ’n ander, meer omstrede, debatspunt wat tans onder verskeie KwaZulu-Natalse regslui gevoer word, en dit berus op ’n wyer verstaan van die regstelsel as die bloot wettiese.

Daar is diegene wat meen dit is juis in die belang van die voortbestaan van die regstaat dat die kwessie liefs nie voor die hof dien nie.

Die argument, wat by baie mense ongewild sal wees, is dat die gevoel onder spesifiek die KwaZulu-Natalse bevolking baie sterk is dat die saak versin is. Dit is ’n lang argument wat ek wis en seker nie gaan onderskryf nie, maar daar word onder meer gewys op die klein meerderheid van 3-2 waarmee die appèlhof teen Zuma beslis het.

In aansluiting daarby is die regbank se legitimiteit in daardie vurige provinsie.

Daar is van die voorste denkers in die provinsie wat meen dit is in landsbelang in die lig van die moontlikheid van anargie en ondergrawing van vertroue in die regstelsel (want ons demokrasie is nog nie stabiel nie) dat ’n ander oplossing as die hof gevind word om die saak te besleg.

Hierdie mening wen tans ook veld in KwaZulu-Natalse regskringe.

Mense dink dikwels die regbank is soort van homogeen en eendragtig.

Dit is nie waar nie.

Die regbank bestaan uit individue wat hul bes doen om die waardes van die samelewing in hul uitsprake te weerspieël.

Hulle is die produk van omstandighede en omgewing – soos ons almal.

Daar is dus ’n mening, ook verwoord hier in Polokwane, dat ’n ander manier as die hof gevind moet word om sake te besleg. In baie ander lande word die staatshoof byvoorbeeld teen vervolging beskerm.

Bostaande is kontensieuse punte. Dit is ook wesenlike gesprekspunte tans in KwaZulu-Natal, in ’n debat wat nog nie besleg is nie.

Die res van ons kan baat vind daarby om kennis te neem van die debatte, sodat ons nie in die toekoms deur gebeure verras word nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |