Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
||||||||||||||||||||||
|
ANC gaan hand in eie boesem
steek oor verdeeldheid, leiers
Polokwane. – Praat help nie meer om verdelings in die ANC en die leierskorps op te los nie, het mnr. Kgalema Motlanthe, ANC-sekretaris-generaal, gesê. Nietemin gaan die afgevaardigdes by die ANC se nasionale konferensie na verwagting vandag praat oor wat gedoen kan word aan die versuim van hul nasionale leiers om probleme in die beweging reg te bestuur. Mnr. Jeff Radebe, ANC-beleidshoof en minister van vervoer, het gister op ’n mediakonferensie gesê die konferensie is die hoogste besluitnemingsliggaam van die ANC en die afgevaardigdes sal self besluit oor wat met hierdie leiers moet gebeur. Motlanthe het in sy organisatoriese verslag, wat hy gister aan konferensiegangers voorgelê het, gesê die nasionale uitvoerende komitee (NUK) het daarin misluk om die verdelings wat die beweging in die afgelope paar jaar gepla het, op te los. Hierdie verdelings behels onder meer bewerings dat faksies die reëls verbreek het in die pogings om hul leiers verkies te kry en dat tak-lede as “stem-voer” gebruik word sonder dat besluite met hulle bespreek word. Van die onreëlmatige taktieke wat gebruik word in ANC-verkiesingsveldtogte behels onder meer beloftes van geld, regeringsposisies en intimidasie, luidens die verslag. “Dit is nie asof die NUK nie die kwessies bespreek het nie. Ons het dit by verskeie geleenthede gedoen, en daaruit gekom met gesamentlike standpunte wat ons gedink het die leierskorps sal verenig en wat op sy beurt weer sal help om die lede te verenig.” Dit het onder meer pogings ingesluit van pres. Thabo Mbeki en mnr. Jacob Zuma, ANC-adjunkpresident, om weg te doen met “mites” rondom enige persoonlike of beleidsverdelings tussen hulle. “Ons sal egter ons koppe in die sand wegsteek as ons nie te kenne gee dat die Mbeki/Zuma-verdeling ’n deel van ons verwysingsraamwerk geword het nie, insluitende tussen die lede en binne die senior leierskorps, ook die NUK,” het hy gesê. Hierdie stukkie self-ondersoek in die verslag weerspieël die bespreking wat die NUK tydens sy tweedelaaste vergadering verlede maand gehad het. By daardie geleentheid het die leierskorps hulself eerlik afgevra wat hulle verkeerd gedoen het in hul wyse van bestuur. Motlanthe het in die verslag gesê ANC-lede moet mooi dink oor wat dit beteken as sy lede in faksie-aktiwiteite betrokke raak. Hy vra ook wat die lede moet doen wanneer hul leiers self stories en valse gerugte aan die media lek. “Elk van ons moet vra hoe ons ons by die konferensie moet gedra om hierdie probleme op te los op ’n manier waarop toekomstige geslagte trots sal wees,” het hy gesê. Die verslag wys ook dat die meeste van die NUK-lede sedert 2004 dié liggaam se vergaderings bygewoon het.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|