Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Thabo prys SA in VN-raad as ’n sukses
Pres. Thabo Mbeki het Suid-Afrika se optrede as lid van die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad as ’n groot sukses geprys. Hy het eergister as president van die ANC verskeie hoogtepunte van Suid-Afrika se optrede op die vasteland asook internasionaal in sy politieke verslag aan meer as 5 000 partylede voorgelees. Suid-Afrika is sedert Januarie vanjaar ’n tydelike lid van die VN se veiligheidsraad. “Suid-Afrika sal aanhou om die VN te hervorm, die veiligheidsraad ingesluit,” het Mbeki gesê. Volgens hom is Suid-Afrika deel van ’n globale beweging wat ’n nuwe finansiële argitektuur wil skep en beoog om die IMF en Wêreldbank te hervorm en te demokratiseer. “In die laaste vyf jaar het ons gesien hoe oorlog aanhoudend gebruik word om globale dispute op te los,” het Mbeki benadruk. Volgens hom is Suid-Afrika se weermag se betrokkenheid as vredesmag in Burundi en die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ’n groot sukses. “Ons betrokkenheid by die DRK het gehelp dat die land sy eerste demokratiese verkiesing in 40 jaar hou,” het Mbeki gesê. Hy het egter in die verbygang Zimbabwe genoem en gesê Suid-Afrika is by gesprekke betrokke, maar dat ander Afrika-state se onafhanklikheid gerespekteer moet word. – Cobus Coetzee
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|