Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Wie wen is nog lank nie uitgemaakte saak’
Dec 18 2007 07:51:04:427AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mbeki-ondersteuners dans en beduie met hul vingers dat dit tyd is vir 'n "derde termyn" . . .Foto: Felix Dlangamandla
Anesca Smith, Abigail Isaacs


Polokwane. – Pres. Thabo Mbeki se ondersteuners het gister op die derde dag van die ANC se nasionale konferensie spoed probeer optel toe meer as 600 van hulle oor die etensuur by ’n sportveld byeengekom het in ’n poging om vertroue in sy kandidatuur te laat toeneem. Die groep is hoofsaaklik gelei deur Oos- en Wes-Kaapse afgevaardigdes wat gesê het hulle het nog nie die hoop laat vaar dat Mbeki sy ANC-adjunk, mnr. Jacob Zuma, die loef kan afsteek nie. Skaars 50 m verder het Zuma-ondersteuners buite die hooftent saamgekom. Die skare was omtrent twee keer groter as dié een wat ter ondersteuning van Mbeki saamgekom het. Hulle het “uMshini Wam” gesing en is toegespreek deur mnr. Fikile Mbalula, president van die ANC-jeugliga. Die spontane vertoning van steun vir Mbeki is bygewoon deur kabinetsministers soos me. Lindiwe Hendricks, minister van waterwese en bosbou, mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, en me. Naledi Pandor, minister van onderwys. Ander prominente ANC-lede wat saamgesing het, was mnr. Ebrahim Rasool, Wes-Kaapse premier, me. Nosima Balindlela, Oos-Kaapse premier, me. Beatrice Maashof, Vrystaatse premier, mnr. James Ngculu, Wes-Kaapse voorsitter, en mnr. Mlungisi Hlongwane, president van Sanco. “Vertel die wêreld: Thabo is terug!” het mnr. Mluleki Geor­ge, adjunk-minister van verdediging en ANC-leier in die Amathole-streek in die Oos-Kaap, aan die skare gesê. Volgens hom lyk dit slegs of die Zuma-kamp voorloop omdat sommige Zuma-ondersteuners ander intimideer en dwing om saam te sing. “Ons het die verantwoordelikheid om ons revolusie te verdedig. Hierdie mense (Zuma-kamp) wat die rewolusie wil ontwrig, moet gestop word en sommer dié week nog,” het George gesê. Hy het ondersteuners van Zuma uitgekryt as “verlore seuns van die rewolusie”. Hy het die skare verder aangemoedig om hoopvol te bly, “want ons gaan wen”. Mnr. Molefi Sefularo, Noordwes se LUR vir gesondheid, het gesê Zuma het nie werklik ondersteuning in die ANC nie en al sy ondersteuning kom van buite die party. Volgens mnr. Neville Mompati, ANC-sekretaris in die Noord-Kaap, gaan ’n groot getal lede van die provinsies, wat voorheen vir Zuma benoem het, nou die Mbeki-kamp ondersteun. “Jy kan dit sien met die Noord-Kaap wat vir Mbeki steun, maar (voorheen) vir Zuma benoem het. Só ook is daar lede in Gauteng wat vir Mbeki sal stem,” het Mompati gesê. Mnr. Mbhazima Shilowa, Gautengse premier, het ook gister Mbeki se ondersteuning in Gauteng bevestig en gesê “enige van die twee (Zuma en Mbeki) kan die posisie as ANC-president nog wen”.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |