Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Masseerders moet bontstaan om stresvlakke laag te hou
Polokwane. – Verpleegsters en voetmasseerders by ’n tydelike mediese pos by die ANC se nasionale konferensie is erg bekommerd oor die uitwerking wat vandeesweek se politiekery op die persoonlike gesondheid van sommige afgevaardigdes gaan hê. Langs die reuse-opslaanlokaal waarin die meer as 4 000 kongresgangers teen gister laatmiddag agter geslote deure aan’t vergader was, het me. Grace Ncube van Medischeme die “kollektiewe stresvlak” as “baie, baie, baie hoër as gister (Sondag)” beskryf. Volgens Ncube is al tot 200 kongresgangers onder haar spannetjie se hande deur sedert Sondag. “Ons bied konferensiegangers gesondheidsbewusmaking . . . ons weet hoe stresvol (die konferensie) is.” Terwyl ’n polisieman homself op een van die twee hospitaalbeddens in die versorgingstent neergelê het, het mnr. Michael Redelinghuys, ’n biokinetikus, die stresvlak met groot oë beskryf. Hy het uitgewys dat “leefstylprobleme” kwaai bydra tot die probleem. “Daai stres kan ook vererger word deur die groot stres binne die markiestent vandag,” volgens hom. “Ek dink die ouens kom uit by politiek, maar nie by gesondheid nie.” By navraag oor hoe die uitslae van stresvlaktoetse hier vergelyk met dié wat hy elders by soortgelyke, korporatiewe geleenthede hanteer het, het hy gesê “hierdie ouens se stresvlakke hardloop by so 60%, 70%”. ’n Mens se stresvlak word volgens Redelinghuys op ’n kardiostresindeks geskoei en behels basies die vraag hoe swaar ’n mens se hart moet werk om sy daaglikse funksies te verrig. Tot by 40% is nog in die haak, volgens Redelinghuys.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|