Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Nagwa, kokkerotte ding mee met konferensiebesoekers
Dec 18 2007 07:49:30:973AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Anesca Smith en Le Roux Schoeman


Polokwane. – Die gees van mededinging is so sterk op die dorp waar die ANC-leierstryd hom tans afspeel dat tradisionele dansgroepe die naweek alles moes uithaal om nie oorskadu te word deur veral Zuma-ondersteuners se kapperjolle nie. ’n Karnaval-atmosfeer het Saterdag van vroegoggend by die Limpopo-lughawe geheers waar meer as 4 000 ANC-afgevaardigdes, honderde waarnemers en lede van die media van heinde en verre hulle vir die party se nasionale kongres kom registreer het. Hoewel die akkreditasie-proses veronderstel was om teen 18:00 te sluit, is daar nog tot ná 22:00 toegangspermitte gedruk weens administratiewe probleme. Sommige lede van die media is aangesê om gisteroggend terug te keer. Vroegmiddag buite die registrasie-lokaal kon nie eens verskeie reënbuie die geesdrif van politieke ondersteuners demp nie. Namate hul sang en dans verder in die straat van die lokaal af versprei het, het van die tradisionele dans en- vermaakgroepe maar tou opgegooi. Talle inwoners van Polokwane, wat die naweek hul dorp ’n gedaanteverwisseling sien ondergaan het, het egter net onverstoord met hul eie sake aangegaan. Een van hulle was die drywer van die dorp se “nagwa” – wat homself slegs as “Kenneth” bekend gestel het. Dié het op ’n kol ná nog ’n stortbui opgedaag, sy voertuig in die middel van die registrasieperseel se hoofhek geparkeer en tot skemer ongeërg die rits mobiele toilette daar begin leegpomp. Dit het verskeie afgevaardigdes, onder wie die sakeman mnr. Cyril Ramaphosa, genoop om ’n wye draai om die nagwa te loop en by die hek in te skuur. Dit was egter duidelik dat die uitpomp-proses die toeganspunt verstop het en die registrasiegang sodoende aansienlik vertraag het. Al wat “Kenneth” hieroor te sê had, was dat hy ’n “werk het om te doen”. Sommige afgevaardigdes, soos die Wes-Kaapse ANC-LP mnr. Randy Pieterse, was nie te gelukkig nie oor die ure se rit uit Kaapstad op ’n bus waarvan die toilet later ingegee het. Volgens hom was daar aanvanklik ook spanning op die bus tussen Zuma- en Mbeki-faksies. Nog ander afgevaardiges wat anoniem wou bly, het gekla oor al die kokkerotte in die koshuiskamers waar hulle gehuisves word. “Mense was baie ongelukkig daaroor, maar het nie ’n amptelike klag ingedien nie.” Pieterse het die kokkerot-storie bevestig. “Daar is kompetisie tussen jou en die kokkerotte – jy is amper te bang om na die ANC-koukus te gaan ingeval hulle jou bed oorneem. En spuitgoed help nie.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |