Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Shaik sê hy is nie só betrek
Polokwane. – Mnr. Mo Shaik het gisteraand met skaars beteuelde woede ontken dat hy enige bande het met die maatskappy wat die ANC se verkiesingsproses behartig. Gerugte doen die afgelope paar dae die ronde onder ondersteuners van pres. Thabo Mbeki dat Shaik en mnr. Cyril Beeka, wat veiligheidsmaatskappye besit en al in die nuus was weens sy bande met die Kaapse onderwêreld, die eienaars is van The Elexions Agency, wat die verkiesing van die nuwe ANC-leier behartig. Dié agentskap is glo maar twee weke gelede geregistreer. Die verkiesing is voorheen deur die Onafhanklike Verkiesingsinstituut van Suid-Afrika (Eisa) behartig. Shaik, wat nou bande het met mnr. Jacob Zuma, ANC-adjunkpresident, het gesê hy gaan by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) – die sambreelliggaam vir The Elexions Agency – kla oor hierdie gerugte. “Dink jy nie dat dit vir my die mees idiotiese ding sou wees om te doen nie?” het hy gister by navraag gesê. “Ek het geen ondernemings wat op enige manier verwant is aan hierdie konferensie nie, of dit nou vir die voorsiening van boontjies is, of enigiets anders, selfs die lug wat die mense hier inasem nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|