Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
ANC praat vandag oor probleembestuur
Polokwane. – Praat help nie meer om verdelings in die ANC en die leierskorps op te los nie, het mnr. Kgalema Motlanthe, ANC-sekretaris-generaal, gesê. Nietemin gaan die afgevaardigdes by die ANC se nasionale konferensie na verwagting vandag praat oor wat gedoen kan word omtrent die versuim van hul nasionale leiers om probleme in die beweging reg te bestuur. Motlanthe het in sy organisatoriese verslag, wat hy gister aan konferensiegangers voorgelê het, gesê die nasionale uitvoerende komitee (NUK) het dit nie reggekry om die verdelings op te los wat die beweging die afgelope paar jaar gepla het nie. Die verdelings behels onder meer bewerings dat faksies die reëls verbreek het in die pogings om hul leiers verkies te kry en dat taklede as “stem-voer” gebruik word sonder dat besluite met hulle bespreek word. Luidens die verslag behels van die onreëlmatige taktieke wat in ANC-verkiesingsveldtogte gebruik word onder meer beloftes van geld, regeringsposisies en intimidasie. “Dit is nie asof die NUK nie die kwessies bespreek het nie. Ons het dit by verskeie geleenthede gedoen, en daar uitgekom met gesamentlike standpunte wat ons gedink het die leierskorps sal verenig en wat op sy beurt weer sal help om die lede te verenig.” Daaronder was pogings deur pres. Thabo Mbeki en mnr. Jacob Zuma, ANC-adjunkpresident, om weg te doen met “mites” rondom persoonlike of beleidsverdelings tussen hulle. “Ons sal egter ons koppe in die sand wegsteek as ons nie te kenne gee dat die Mbeki/Zuma-verdeling ’n deel van ons verwysingsraamwerk geword het nie, ook tussen die lede en binne die senior leierskorps, waaronder die NUK,” het hy gesê. Dié stukkie selfondersoek in die verslag weerspieël die bespreking wat die NUK op sy tweedelaaste vergadering verlede maand gehad het. By daardie geleentheid het die leierskorps hulself eerlik afgevra wat hulle verkeerd gedoen het in hul wyse van bestuur. Motlanthe het in die verslag gesê ANC-lede moet mooi dink oor wat dit beteken as sy lede in faksie-aktiwiteite betrokke raak. Hy vra ook wat die lede moet doen wanneer hul leiers self stories en vals gerugte aan die media lek. “Ons elkeen moet vra hoe ons ons by die konferensie moet gedra om dié probleme op te los op ’n manier waarop toekomstige geslagte trots sal wees,” het hy gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|