Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Nasionale Intelligensie help met registrastrasie
Polokwane. – Die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) moes dié naweek help met die ANC se registrasieproses nadat die programmatuur vir dié proses verskeie kere ingegee het. Van betroubare bronne is verneem dat minstens drie agente, onder wie twee hoofbestuurders, Saterdagaand na Polokwane ontbied is. Hulle was eergisteroggend vroeg op die Polokwane-lughawe om met die registrasieproses daar te help. Die NIA het ’n afdeling wat spesialiseer in akkreditasie. Volgens ANC-bronne het die NIA gesê sy agente kan die akkreditasieproses, wat die ANC minstens ’n dag sou neem, binne 20 min. afhandel. Daar word glo aangevoer dat die NIA betrokke is om te keer dat mense inkom wat die president en kabinetslede se veiligheid by die konferensie kan bedreig. ANC-leiers was verdeeld oor of die agente die registrasie van stemgeregtigde afgevaardigdes kon hanteer. Me. Thoko Didiza, minister van openbare werke en voorsitter van die ANC se registrasiekomitee, het glo gevra dat die NIA ontbied word. Mnr. Kgalema Motlanthe, ANC-sekretaris-generaal, het egter glo gesê hulle mag net help met die registrasie van nie-stemgeregtigde afgevaardigdes omdat hy nie wou hê die agentskap moet met partysake inmeng nie. Motlanthe is verantwoordelik vir die hantering van die konferensie se administrasie. Die ANC se registrasieproses moes Saterdag geskied het, maar ’n bron het gesê die rekenaarstelsels het twee keer daardie dag ingegee. Teen eergister was daar nog talle stemgeregtigde afgevaardigdes en joernaliste, diplomate en ander personeel wat nie kon registreer nie weens stelselprobleme.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|