Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Ontleders het min hoop vir Mbeki
Dec 18 2007 07:49:21:787AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Anesca Smith en Pieter du Toit


P olokwane. – Politieke ontleders het gister min hoop gehad dat pres. Thabo Mbeki nog ter elfder ure ’n haas uit die hoed sal pluk in die stryd om ANC-leierskap by dié party se nasionale konferensie hier.

“Hy benodig minstens 2 000 stemme, maar ek twyfel of hy selfs 800 sal kry,” het prof. Steven Friedman, ’n navorsingsgenoot van Idasa, gister gesê.

“Dit lyk of daar agt keer meer Zuma-ondersteuners is as dié van Mbeki. ’n Mbeki-oorwinning lyk bykans onmoontlik, tensy ons almal die situasie heeltemal verkeerd lees,” het Friedman gesê met verwysing na die luidrugtige ondersteuning vir Zuma die eerste twee dae van die konferensie. “Ek dink selfs nie eens sy eie mense verwag meer dat hy sal wen nie. Toe ek vanoggend met een gepraat het, het sy skouers gehang.”

Friedman glo ook nie Mbeki se lywige openingstoespraak van 42 bladsye het genoeg indruk gemaak op die konferensiegangers dat dit hul stemme na hom sal swaai nie. “Die meeste afgevaardigdes het waarskynlik al voor hul koms besluit vir wie hulle gaan stem en ek raam net sowat 1% is nog besluiteloos.”

Prof. Adam Habib, viserektor: navorsing aan die Universiteit van Johannesburg, sê sou Zuma verkies word tot ANC-president sal die politieke omgewing kalmeer – maar net tot 8 Januarie wanneer die jaarlikse ANC-verjaardagverklaring gedoen word.

“Dit sal die eerste keer wees dat Zuma die toespraak lewer en Mbeki op die kantlyn sit.

“Daar sal dan van Mbeki verwag word om Zuma en die ANC se beleid in te stel en enige ou wat hom (Mbeki) ken, sal weet dit gaan nie maklik gebeur nie.”

Die gevaar is dat die verhouding tussen die president en die nuwe ANC-leier só kan versuur dat dit kan lei tot toenemende giftigheid.

“Uiteindelik bestaan die vreeslike moontlikheid dat ’n mosie van wantroue deur sy eie parlementêre koukus Mbeki in die gesig kan staar.”

Mbeki se openingstoespraak was teleurstellend, sê Habib, en as hy ’n konstruktiewe gesprek wou begin, het hy dit op die verkeerde manier probeer.

“Dit was nie die toespraak van ’n staatsman nie, en dit is wat nodig was.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |