Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Twis oor tel van 3 900 stemme
Polokwane. – Die ANC-kongres se bestuurskomitee het gister verbete probeer om ’n geskil oor die tel van stemme in die leiersverkiesing by te lê sodat die wenkandidate aangekondig kan word voor die kongres later vandeesweek verdaag. Me. Bertha Gxolwa, voorsitter van die ANC se verkiesingskommissie, het voorgestel alle stemme word elektronies getel om tyd te bespaar. Ondersteuners van mnr. Jacob Zuma, ANC-onderleier, het laat gister nog geweier om bes te gee op hul eise dat alle stemme vir die ANC se ses topleiersposisies, sowel as die nasionale uitvoeren-de komitee (NUK), met die hand getel word. Veral die ANC-jeugliga (ANCYL) meen die kans op ’n knoeiery in die guns van pres. Thabo Mbeki is groot, sou die stemme elektronies getel word. Bronne in die Mbeki-kamp het gister weer aangevoer ’n knoeie-ry vir groter steun vir Zuma kan makliker deurglip as die tellery met die hand plaasvind. Die verkiesingskommissie het later voorgestel die stemme vir die leiersposisies moet met die hand getel word, maar dié vir die NUK elektronies. “Omdat die NUK so groot is, op die oomblik nog 60 lede, kan dit baie lank neem om die stem-me te tel,” het mnr. Smuts Ngonyama, ANC-hoofwoordvoerder, gister gesê. Die NUK kan selfs tot 90 lede groei indien ’n voorstel aanvaar word om die party se grondwet te verander. Mnr. Jeff Radebe, NUK-lid, het gister gesê die kwessie moet opgelos word sodat die nuwe NUK op die laaste dag van die kongres aangekondig kan word. “Ons kan nie bekostig om langer as die 20ste hiervoor te bly nie. Die ANC se bestuurskomitee sal ook die erge wantroue tussen die verskillende groepe bespreek,” het Radebe gesê. Ngonyama het bygevoeg dat talle van diegene wat oor elektroniese telling kla “baie jonk” is. “Die verkiesingskommissie bestaan uit ANC-veterane en daar was nog nooit ’n verkiesingsknoeiery in die ANC nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|