Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
ANC gee Oilgate se geld terug
Polokwane (Pietersburg). – Die ANC het die omstrede Oilgate-skenking wat hy in 2003 gekry het, terugbetaal, maar wou gister nie sê waar hy die geld gekry het om dit te doen nie. Mnr. Kgalema Motlanthe, sekretaris-generaal, wou tydens ’n inligtingsessie nie uitwei oor die terugbetaling se omstandighede nie, behalwe om ’n berig in die Independent-koerantgroep te bevestig dat die R11 miljoen wat die party via Imvume, die bemagtigingsmaatskappy, by PetroSA gekry het, in twee paaiemente afbetaal is. Altesame R6 miljoen is in Mei 2006 en R5 miljoen in Junie 2006 terugbetaal. Volgens die Sunday Independent het mnr. Mendi Msimang, die ANC se voormalige tesourier-generaal, eergisteraand tydens ’n geslote sessie verwys na “ontstellende berigte” dat ANC-leiers onbehoorlik uit olietransaksies baat gevind het en gesê die berigte is verfris om die ANC te diskrediteer. “Ons het inderdaad in die loop van ons geldinsamelingsaktiwiteite ’n R11 miljoen-skenking gekry en toe onthul word daar is omstredenheid rondom dit, het ons die skenking dadelik terugbetaal.” Motlanthe het gesê dié geld (vir terugbetaling) het van verskillende bronne gekom. Hy het ook lig gewerp op die stand van die party se geldsake. – Pieter du Toit en Liezel de Lange
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|