Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
‘Suid-Afrika se wonder is verby’
L onden. – Die Suid-Afrikaanse wonderwerk is verby en binne die volgende paar jaar kan die kwaai woorde wat nou in Polokwane gehoor word, lei tot geweld in die strate, het ’n vooraanstaande Britse kommentator gister gewaarsku. Mnr. Richard Dowden, direkteur van die Royal African Society, skryf gister in The Times dat “ ’n baie nare storm” die Suid-Afrikaanse reënboognasie tans “bedreig”. Dowden is nie die enigste Britse kommentator wat pessimisties gestem is deur die gebeure van die afgelope paar dae by die ANC se konferensie nie. The Independent skryf in ’n hoofartikel dat Suid-Afrika ’n toekomsgerigte leier nodig het wat kan konsolideer op dit wat die land die afgelope paar jaar bereik het. Die koerant sê nie een van die party se twee kandidate het die visie om dit te doen nie en die ANC moet liewer na mense soos mnre. Mosiuoa Lekota en Cyril Ramaphosa kyk. “Hulle (die ANC) sal nog op die harde manier uitvind dat dit nie in ’n moderne wêreld genoeg is om bloot water te trap nie.” Talle Britse koerante wat oor die ANC se leierskrisis skryf, is dit eens dat Mbeki persoonlik hiervoor te blameer is. In ’n voorbladberig haal The Independent pres. Thabo Mbeki aan wat onlangs gesê het dat ’n mens nie ’n leier kies op grond van hoe goed hy kan dans nie. “(Hiermee) het hy onthul presies hoe uit voeling hy is. Almal anders by die (ANC se) konferensie dans. Mnr. Mandela het gedans, en die mense was mal daaroor. Mnr. (Jacob) Zuma dans, en sonder om sy mond oop te maak, sonder enige slim argumente, het hy die skare in die palm van sy hand.” Dowden blameer Mbeki se beleid van “demokratiese sentralisme” vir die land se probleme en sê sy ekonomiese beleid het ’n paar swart mense verryk, maar bitter min gedoen om die lot van miljoene te verbeter. Hy beskryf Zuma, wat hy amper 30 jaar gelede in ’n Londense kroeg ontmoet het, as “joviaal en amusant” en sê ten spyte van sy beeld as ’n onbeskaamde populis is hy nie ’n skurk of ’n rassis nie. “Anders as Mbeki, wat soms obsessief oor ras praat, het daar nog nooit ’n rassistiese opmerking van Zuma gekom nie.” Hy is ook beslis nie ’n sosialis nie en sê die groot vraag is of Zuma bekwame mense gaan aanstel in sleutelposisies en of hy sy oorvereenvoudigde oplossings – soos die doodstraf om misdaad te bekamp – gaan instel. Dowden maan ook dat dit fataal kan wees om Zuma nou van korrupsie aan te kla omdat dit ’n drastiese reaksie van sy ondersteuners sal ontlok wat die verdeeldheid net nóg gaan verdiep.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|