Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Bokke gee momentum aan ANC-sportplanne
Dec 19 2007 12:19:37:383AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Pieter du Toit


Polokwane (Pietersburg). – Die sukses van die Springbok-rugbyspan het beslis momentum aan die ANC se plan-ne gegee om ’n sterker sportkultuur in Suid-Afrikaanse skole te vestig.

Dié party se kommissie oor maatskaplike transformasie het gister ingestem om ’n beleidstuk oor verpligte sportdeelname in skole af te handel sodat die departement van onderwys moontlikhede kan oorweeg om dit in werking te stel. Die ANC gaan ook ’n permanente sportafdeling by sy hoofkwartier in Johannesburg vestig om verwikkelinge in die sportwêreld dop te hou.

“Kinders moet aan sport deelneem. As ons sukses wil behaal, moet hulle van kleins af aktief wees,” het ’n kommissielid gesê.

Die kommissie het die voorstel – dat alle sportspanne dieselfde embleem het – wat in Junie by die party se beleidskongres gedoen is, in beginsel aanvaar, maar die debat oor sport-embleme en spanne se name sal aanstaande jaar oopgegooi word. Daar is ’n deeglike bewustheid in die party oor die invloed wat suksesvolle nasionale spanne op maatskaplike binding het en die baba sal nie sommer saam met die badwater uitgegooi word nie.

“Die nasionale rugbyspan is iets waarop ons almal trots is,” is gesê.

“Dit is egter ook só dat besluit is alle spanne moet dieselfde embleem (die koningsprotea) hê en daar moet hieraan gehoor gegee word. Rugby het ’n grasietydperk gekry, maar ons moet nou konsensus daaroor bereik.”

Ongelukkigheid bestaan oor die verskillende maniere waarop die protea deur verskillende sportkodes uitgebeeld word. Die kommissie het gesê elke sportsoort moet dieselfde embleem kry – verskillende sporte se proteas mag nie verskil nie.

’n Voorstel is geopper dat die spring- bok en die protea steeds saam op die rugbytrui verskyn, maar dat die protea gestandaardiseer moet wees.

Die regering gaan volgende jaar ook ’n proses van stapel slaat loop om groter openbare deelname in die hernoem van plekname te verseker.

Die kommissie het bevestig dit is nodig dat die Afrika-karakter van plekke tot hul reg kom en moet die proses onverwyld geskied.

Die kommissie het sy voorstel op die beleidskonferensie aanvaar dat die beginsel van gewillige verkoper/gewillige koper hersien moet word.

Daar word voorsien dat die besluit die grondhervomingsproses aansienlik sal bespoedig. “Grond en die herstel van eiendomsreg is een van ons mense se grootste behoeftes en as sodanig moet ons aandag daaraan gee.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |