Peetkinders
Huise is nie jaloers nie. Huise is lankmoedig en vriendelik, word nie verbitterd nie en reken die kwaad nie toe nie.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Manuel raak rof met vrou van Beeld
    Dec 19 2007 12:19:35:480AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Beeld-fotograaf Felix Dlangamandla weer gister 'n sambreelhou van mnr. Trevor Manuel af. Foto: Bongiwe Gumede
    Jan-Jan Joubert en Cobus Coetzee


    P olokwane. – ’n Vroulike fotograaf van Beeld is gister beseer toe mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, haar rondgestamp het.

    Dit is die jongste voorval van fisieke geweld teen die media by die konferensie, met verskeie fotograwe wat eergisteraand te midde van chaotiese en teenstrydige reëlings te lyf gegaan is deur ANC-wagte.

    Manuel het pas by die biblioteek van die Universiteit van Limpopo klaar gestem toe Bongiwe Gumede (23) en nog twee fotograwe hom probeer afneem het.

    “Dit was só vreemd,” het ’n geskokte Gumede later vertel.

    “Hy het met sy sambreel uit die stemlokaal gekom. Ons wou hom afneem. Hy het sy gesig met die sambreel versper. Sy lyfwag het ons probeer wegstamp, toe gaan ek die ander kant om en kry ’n lekker foto. Toe begin hy my hard met sy hand wegstamp dat my kamera in my oog ingedwing word. Dis nog steeds seer.

    “Dit het die ander fotograwe uitgelok en almal het begin foto’s neem,” het die tengerige Gumede gesê.

    “Ek is baie kwaad. Hoekom slaan hy my? Baie politici het uit daai lokaal gekom. Hulle het die media professioneel hanteer deur te glimlag en aan te loop. Net hy was aggressief. Dit maak my meer vasberade om net die beste foto’s te neem.”

    Volgende het Manuel sy toorn laat ontvlam teen Gumede se bekroonde Beeld-kollega, Felix Dlangamandla. “Hy kom voor as ’n kalm ou, maar toe hy met daai sambreel skielik op my afkom – hy is seker baie gestres.”

    Manuel het sy wit-en-groen sambreel met ’n Nedbank Golf Challenge-kenteken in sy kameralens ingedruk. “My lensskerm het eenkant toe gespat,” vertel Dlangamandla.

    Manuel se adjunk, mnr. Jabu Moleketi, het vir die groep fotograwe geglimlag en hulle gegroet.

    “Ander grootkoppe wat uit die stemlokaal gekom het, het ons ordentlik hanteer, soos oudminister Kader Asmal, premier S’bu Ndebele en minister Lindiwe Hendricks. Oudpremier Mathews Phosa was die vriendelikste en het my met die hand gegroet en gevra of ek nie moeg is nie,” vertel Dlangamandla.

    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het gister in ’n verklaring sterk teen die optrede van ANC-veiligheidspersoneel en sommige partyleiers teenoor die media protes aangeteken.

    Sanef het die optrede as onvanpas (boorish) beskryf.

    Drie Sanef-lede het gistermiddag mnr. Smuts Ngonyama, hoof van die ANC-presidensie, ontmoet.

    Die ANC het tydens die vergadering verskoning vir die optrede teenoor die media gevra en belowe om die werkomstandighede van joernaliste by die konferensie te verbeter.

    Manuel se woordvoerder, me. Thoraya Panday, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |