Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Shilowa heroorweeg nou loopbaan
    Dec 19 2007 07:53:43:567AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    Mnr. Mbhazima Shilowa, Gautengse premier, kan die eerste slagoffer van mnr. Jacob Zuma se oorwinning wees.

    Hy was die eerste Mbeki-gesinde wat gesê het hy gaan sy politieke loopbaan heroorweeg.

    Shilowa sou teen vanoggend besluit het of hy steeds verkiesbaar is vir die NUK.

    Dr. Essop Pahad, Mbeki se regterhand, en mnr. Bheki Khumalo, voormalige woordvoerder, het gesê hulle sal die nuwe leierskorps ondersteun.

    “Ongeag ons menings voor die verkiesing, moet ons nou die afgevaardigdes se besluit respekteer,” het Khumalo gesê.

    Mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, het opgemerk: “Dis demokrasie. Ek sou dit anders wou gehad het, maar ’n mens moet dit aanvaar en respekteer.”

    Mnr. Mluleki George, een van Mbeki se vernaamste stemwerwers, was meer veglustig.

    “Ons sal terug wees ná vyf jaar (die ANC se volgende leiersverkiesing).”

    Die Zuma-ondersteuners was oorstelp en het op hul tafels gedans en mekaar omhels. ’n Betraande dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP en ’n ankerondersteuner van Zuma, was baie emosioneel.

    En mnr. Tokyo Sexwale, wat Zuma op sy onlangse verkiesingsveldtogte vergesel het, het gesê die ANC het hard en duidelik vir verandering gepraat. – Politieke Redaksie


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |