Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Mag elk wat in ‘interessante tye’ leef, ’n stywe dop hê
Die eerste nuwe dag in die wieg van Zuma-dom het grou en reënerig aangebreek. Oukei, dit het die vorige nag – toe die Zunami pres. Thabo Mbeki van die ANC-troon afgespoel het – ook gesous. Maar hierdie dag wil-wil net ’n bietjie valer wees. Of dalk is dit die politieke babelaas waaraan almal – die ou én nuwe vuisvoos leiers, afgevaardigdes, korporatiewe gatkruipers, toe-nie-so-slim ontleders en joernaliste – by die ANC se 52ste Nasionale Boksgeveg ly. Voete sleep, skouers hang en klein kaders met groot hamers werskaf in skedels: die gevolg van ’n lang nag van intellektuele debat (natuurlik) oor die politieke dood van Mbeki aan die hand van sy eertydse vriend, Jacob Zuma (et tu, Brute?). En baie, baie drank. Die groot gelykmaker. As Zuma jou held is, het jy gedrink en gejuig. As Zuma jou bang maak, het jy gedrink en gehuil. Hier in die skaduwee van die kaalkoprots wat baie soos Zuma se kop lyk, het die dag sleepvoet begin. Die universiteitskampus met die wit konferensietent was gisteroggend soos ’n kerkhof. Oor alles hang die herinnering van ’n verpletterde, vernederde Mbeki wat van die politieke verhoog afstrompel onder die gejou van sy vyande, grys en swaar soos een van die reënwolke wat net nie wil wyk nie. Die joernaliste wat saamgetrek het vir Zuma se eerste perskonferensie ná sy oorwinning, word teleurgestel. Dis uitgestel, sê ’n woordvoerder. Hoekom, koor die media. Die antwoord is onbevredigend, maar die rede word duideliker soos die dag ouer word. Dis die Groot Versoening ná die Bloedbad. Toe die oorwinnaars en verslaandes eindelik weer die terrein van die vorige dag se slagveld betree, word ’n goed georkestreerde boodskap gehoor. Nee, daar is geen sprake van politieke vergelding nie, sê die nuwe leiers. Nee, daar is geen sprake van politieke dwarstrekkery nie, sê die ou leiers. Die Party is een. Die Party is sterk. Ons dien die Party. ’n Publisiteitsfoefie? Natuurlik. Maar sekerlik ook nie ’n totale leuen nie. Dat daar in albei kampe ’n behoefte is om die bloeiende wond te genees, is gewis. Maar ewe seker is daar baie haat, nyd en bitterheid. En daar gaan in die volgende 18 maande nog bloed verspil word soos die Zuma-kamp sy greep op die uitvoering van ANC-beleid versterk. Ook ’n gegewe is dat Mbeki sy oorblywende mag in die res van sy termyn as staatspresident gaan probeer gebruik om Zuma in bedwang te hou. En wat van die versekerings uit Zuma se binnekring dat die ekonomiese beleid nie verander gaan word nie? Wel, dis bemoedigend. Maar wat politici sê en wat hulle doen, is dikwels twee verskillende goed. Die ANC-jeugliga en die SAKP het reeds stem begin dik maak oor die ongeregtighede van die Mbeki-era wat deur Zuma reggestel moet word. Hulle gaan op hul pond vleis aandring. Almal ken seker die storie van die ou Chinese vloek: “Mag jy in interessante tye leef.” Interessant, ja. En vrek onseker. Kroegman, skink vir my nog ’n dop.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|