Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote

 
Mbeki veg kaalvuis om sy politieke toekoms te probeer red
Met sy rug teen die muur het pres. Thabo Mbeki gister kaalvuis baklei om sy politieke toekoms te probeer red op die eerste dag van die ANC se nasionale konferensie.

Zuma wil Trevor graag behou
Mnr. Jacob Zuma, voorloper in die ANC-leierskapwedloop, hou ’n olyftak uit na mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, en beplan nie om die land se ekonomie na links te swaai nie.

'Zuma weet wat op grondvlak gebeur'
Die VF+ se leier wil nie prontuit sê wie van pres. Thabo Mbeki of mnr. Jacob Zuma na sy mening dié party se kiesers die beste sal dien nie.

Dit was net benoemings, sê Mbeki oor sy bloedneus
Ondanks die bloedneus wat hy by ANC-lede gekry het in provin­siale algemene raadsvergaderings, het pres. Thabo Mbeki aangedui hy is nie gereed om die handdoek in te gooi nie.

ANC se kieskommissie het nog geen klagtes ontvang
Die ANC se verkiesingskommissie het nog geen klagtes ontvang oor énige voorval wat as onderduims en ongerymd bestempel kan word nie, het prof. Ben Turok, ANC-LP en lid van die verkiesingskommissie, gesê.

Deelnemers gewaarsku om hul ordentlik te gedra
Geeneen by die ANC se nasionale kongres mag T-hemde met enige leierskandidate daarop dra of materiaal versprei wat verdeeldheid kan vererger nie.

Ons Zuma steun want . . .
Jacob Zuma was die afgelope vyf jaar die slagoffer van ’n intensiewe swartsmeer-veldtog.

Zuma vat ANC oor
Mnr. Jacob Zuma is die nuwe leier van die ANC.

Die vyandigheid groei vinnig
Dat die ANC ’n oomblik van politieke hoogspanning beleef, is hier in Polokwane nêrens meer duidelik nie as in die openlike uitjouery en gehekel wat nou reeds meer as twee dae voortduur.

Sy swaard en sy skild
Wat gebeur met die klagtes van korrupsie en bedrog teen hom noudat dit – sonder om die uitslag vooruit te loop – regtig lyk asof mnr. Jacob Zuma die meerderheidsteun geniet op die ANC se nasionale konferensie by ’n snikhete Polokwane (Pietersburg)?

Klappe verskuil, maar g’n name
In ’n kwalik verskuilde dwarsklap na sy teenstander in die leierswedloop, mnr. Jacob Zuma, het pres. Thabo Mbeki afgevaardigdes gevra om die “morele slaankrag” van die ANC-beweging te herstel deur dit te beskerm teen “die verradelike lokmiddels van korrupsie, voortrekkery en magshonger”.

Afgevaardigdes trots op Bokke
Die Springbok-rugbyspan se sukses in die Wêreldbeker-rugbytoernooi het duidelik nie net ’n indruk op pres. Thabo Mbeki gelaat nie – benewens die hordes Springboktruie en -pette wat deur ANC-afgevaardigdes gedra is, het verwysings na die span in die gelaaide politieke stemming juigkrete ontlok.

Lekota betaal die prys vir kritiek teen Zuma
Die wyse waarop die Mbeki-kamp die vertroue van en beheer oor die ANC verloor het, is miskien ten beste ge-illustreer toe mnr. Mosiuoa Lekota uit die voorsitterstoel beheer verloor het oor die party se nasionale konferensie.

Polokwane het nie meer plek vir ’n muis nie
Sommige afgevaardigdes wat die ANC-kongres hier gaan bywoon, sal in ander dorpe soos Tzaneen en Mokopane (Potgietersrus) moet tuisgaan omdat Polokwane nie plek vir ’n muis het nie.

Winnie se voorstelle vir ANC-krisis ‘slaan stom’
Die ANC moet ’n ferm besluit neem "dat mnr. Jacob Zuma in 2009 president van die land word én daar moet ’n oplossing gevind word vir sy regsprobleme".

Veldtog beeld Zuma as ‘Satan met ’n lang stert’ uit – Vavi
Propaganda om die ANC se onderleier, mnr. Jacob Zuma, te “demoniseer” as “Satan met ’n lang stert” is op massiewe skaal versprei, aldus die Congress of South African Trade ­Unions (Cosatu).



Hummer trek meer aandag as grotes
In die armoedige landelike woonbuurt Mamotitane het die opgewondenheid oor die allerbelangrike ANC-leierskonferensie in die gemeenskap se stowwerige agterplaas gou bedaar.

Winnie wil party van Mbeki-Zuma-stryd red
Me. Winnie Madikizela-Mandela gaan ’n vergadering tussen haar pres. Thabo Mbeki en mnr. Jacob Zuma belê om die verlammende uitwerking wat die opvolgstryd op die ANC het tot ’n einde te bring.

Zuma kap Mbeki oor misdaad: ‘SA leef in vrees’
Mnr. Jacob Zuma, tans die voorste kandidaat om die leierskap van die ANC, het die Mbeki-regering se baanrekord en beleid oor misdaad en vigs gestriem.

‘Kompromis-leier moontlik’
Die ANC se senior leiers is besorg oor die moontlikheid dat mnr. Jacob Zuma as partyleier verkies en dan van korrupsie aangekla kan word.

Stad reg soos ’n roer vir ANC se groot indaba
Verskeie afgevaardigdes wat die ANC-kongres buite dié stad in Limpopo gaan bywoon, sal etlike kilometers verder in dorpe soos Tzaneen en Mokopane (Potgietersrus) moet tuisgaan omdat die hoofstad nie meer plek vir ’n muis het nie.

Vigs: ‘Staat stel steeds plan in’
Sy regering se hantering van MIV/vigs is een van die kwessies waaroor hy die kwaaiste gekap word, maar pres. Thabo Mbeki het gister net skrams hierna verwys.

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit
Die ANC-leierstryd en die besluite wat pres. Thabo Mbeki in sy tyd as staatshoof gemaak het, moet ontleed word binne die strukturele omgewing waarin hy werk en wat sedert 1994 aan hom opgedwing word.

Dit is Zuma!
Mnr. Zacob Zuma het as oorwinnaar uit die ANC-leierskapstryd getree en is die politieke party se nuwe leier.

‘Wie wen is nog lank nie uitgemaakte saak’
Pres. Thabo Mbeki se ondersteuners het op die derde dag van die ANC se nasionale konferensie spoed probeer optel toe meer as 600 van hulle oor die etensuur by ’n sportveld byeengekom het in ’n poging om vertroue in sy kandidatuur te laat toeneem.

ANC gaan hand in eie boesem steek oor verdeeldheid, leiers
Praat help nie meer om verdelings in die ANC en die leierskorps op te los nie, het mnr. Kgalema Motlanthe, ANC-sekretaris-generaal, gesê.

Huiseienaars en hoofstad slaan munt uit kongres
Sommige huiseienaars wat hul huise in Polokwane (Pietersburg)uithuur aan volgende week se ANC-kongresgangers, steek derduisende rande in hul sakke.

Mbeki sê grondeise teen 2008 afgehandel
Die hersieningsproses van die beginsel van gewillige verkoper/gewillige koper van landbougrond, asook die manipulering van grondpryse, ontvang spesifieke aandag van die ANC, het pres. Thabo Mbeki in sy politieke oorsigverslag aan afgevaardigdes gesê.

‘Armoede onder SA burgers is só aangepak’
Die bekamping van armoede was die tema van pres. Thabo Mbeki se ekonomiese oorsig in sy toespraak.

Die ánder geveg in Polokwane
'n Jaar van beplanning, bakleiery, koppestamp en paaiery word van Sondag af op die spits gedryf wanneer meer as 4 000 ANC-afgevaardigdes van regoor Suid-Afrika by Polokwane (Pietersburg) bymekaarkom om die party (en die regering) se beleid te evalueer en aan te pas.

Een kan nie die koers verander
Die vuil en agterbakse straatgeveg waarin die stryd om die ANC-presidentskap ontaard het, sal genadiglik volgende week iets van die verlede wees.

Lekota in bek geruk oor Zuma
Lekota, die Mbeki-kamp se kandidaat vir sekretaris-generaal, het die laaste weke gereeld na Zuma en sy ondersteuners gekap...

Mbeki waarsku kiesers stilletjies oor Jacob
Die ANC-grondwet, asook waarskuwings van kerkleiers en die stigters van die ANC, moet afgevaardigdes stuur wanneer hulle nuwe leiers in by die kongres in Polokwane (Pietersburg) kies.

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |