Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Sifiso lank in droomland ná harde val
    May 06 2008 09:03:50:273PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Wilhelm de Swardt


    Vinnig gejaag, gewen en toe hard geval om eers vier uur later in ’n hospitaal wakker te word.

    Dit is hoe Suid-Afrika se voorste BMX-jaer, Sifiso Nhlapo, se laaste twee wedrenne in die Europese kampioenskapsreeks die afgelope naweek in Duitsland opgesom kan word.

    Die 20-jarige Nhlapo, wat op die Internasionale Fietsryvereniging (UCI) se BMX-ranglys die 11de plek beklee, het Saterdag die 11de wedren in dié reeks gewen.

    Dit was Nhlapo se derde sege.

    “Wat opwindend is, is dat Sifiso Maris Strombergs van Letland met meer as ’n fietsrylengte geklop het,” sê Nhlapo se spanbestuurder, Mark Squire .

    Volgens Squire meen baie kenners dat Strombergs die goue medalje op die Olimpiese Spele in Beijing kan wen.

    Nhlapo kan nie te veel van die 12de wedren onthou nie.

    Squire sê dinge het vir Nhlapo om een van die draaie verkeerd geloop.

    “Sifiso was voor toe hy deur drie Europese jaers teen ’n wal vasgedruk is.

    “Hy het teen ’n ander jaer gebots, beheer oor sy fiets verloor en sy kop het ’n metaaltafel ge-tref.

    “Met die valslag het hy sy bewussyn verloor en hy het eers vier uur later in die hospitaal bygekom.

    “Gelukkig toon die toetse wat op hom uitgevoer is, dat hy nie ernstig beseer is nie en dat hy net ligte harsingskudding opgedoen het.

    “Dit beteken dat hy in die naweek in Denemarke aan die Wêreldbeker-byeenkoms kan deelneem.”

    Hoewel Nhlapo nie die laaste wedren van die Europese reeks voltooi het nie, het hy steeds algeheel tweede geëindig. Strombergs was die wenner.

    Die BMX-wêreldbyeenkoms vind oor drie weke in China plaas.

    Squire is vol vertroue dat Nhlapo ten minste tot die kwarteindronde sal deurdring. Kry hy dit reg, is sy plek op die Olimpiese Spele in Beijing verseker.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |