Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Proteas saam met Nederland geloot
Die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan is gister saam met die voorste span in die wêreld geloot vir die Olimpiese Spele later vanjaar in Beijing, China. Die Suid-Afrikaners, wat 12de op die wêreldranglys is, is in Groep A saam met die wêreld se top-span, Nederland, asook Australië (4), China (5), Spanje (8) en Suid-Korea (9). Die verdedigende kampioen, Duitsland, is onder andere saam met Argentinië in Groep B geloot. Die wêreld se voorste 12 spanne het gekwalifiseer vir die Spele in Augustus. Nederland het vier jaar gelede in Athene teen Duitsland in die eindstryd verloor. Die loting is: Groep A: Nederland, Australië, China, Spanje, Suid-Korea, Suid-Afrika. Groep B: Argentinië, Duitsland, Japan, Nieu-Seeland, Brittanje, VSA. – Eunice Visagie
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|