Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


SA kan grofgeskut teen Dene afvuur
May 07 2008 08:58:42:397PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Kevin Anderson in aksie op vanjaar se Suid-Afrikaanse Ope tennistoernooi in Oos-Londen. Foto: Reg Caldecott
Christo Buchner


Die Suid-Afrikaanse Davisbeker-tennisspan kan al sy groot kanonne inspan om Denemarke van 18 tot 20 Julie af te maai in Groep II van die Euro/Afrika-streek.

John-Laffnie de Jager, die nie-spelende kaptein, het gister bevestig die top-spelers is kontraktueel daartoe verbind om die volgende jaar vir Suid-Afrika in die Davisbeker-reeks te speel.

“Die Suid-Afrikaanse ondersteuners is gretig om Kevin Anderson, Rik de Voest en die dubbelspelpaar van Jeff Coetzee en Wesley Moodie in aksie te sien. Hulle gaan nou dié kans kry,” sê De Jager.

Dit sal die eerste keer wees dat Anderson Suid-Afrika in ’n Davisbekerstryd voor sy eie ondersteuners verteenwoordig. Dit sal ook sy eerste verskyning in Suid-Afrika wees sedert hy ’n paar weke gelede Novak Djokovic geklop het.

Coetzee en Moodie is op drie na die voorste dubbelspelpaar op die ATP-ranglys vanjaar.

In dié stadium is dit nog nie seker waar die kragmeting gaan plaasvind nie, maar Emperor’s Palace langs die OR Tambo-lughawe naby Kempton Park, is steeds in die binnebaan om gasheer te speel.

Die ander moontlikheid is Markspark in Johannesburg.

De Jager sê hy is nie gepla waar die kragmeting plaasvind nie. “Dit belangrikste is dat dit wel in Suid-Afrika is en dat ons die tuisvoordeel kan gebruik. Dit sou nie sin gemaak het om tuisvoordeel prys te gee en in Denemarke te speel nie.

“Dit is die eerste keer in drie jaar dat ons weer ’n tuiskragmeting het en almal is baie opgewonde daaroor,” sê hy.

Dit is ook die eerste keer sedert De Jager ’n paar jaar gelede as kaptein by Kevin Curren oorgeneem het, dat Suid-Afrika weer tuis speel.

“Of dit nou in Pretoria, Johannesburg of by Emperor’s Palace is, dis om’t ewe.

“Al versoek wat ons gehad het, was om te sorg dat ons iewers aan die Rand op ’n stadige oppervlak speel,” het De Jager gesê.

Volgens Ian Smith, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Tennis-vereniging (SATV), sal ’n aankondiging oor waar die kragmeting plaasvind, aan die einde van die maand gedoen word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |