Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Santana moet kitaar van begin slaan
    May 07 2008 08:58:40:163PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    John Goliath


    Kaapstad. – Die nuwe sokkerafrigter van Bafana Bafana, Joel Santana, gaan met sy aankoms in Suid-Afrika onder druk wees om sy reuse-salaris te regverdig.

    Dié Brasiliaan word môre in Johannesburg verwag en sal aanstaande week met sy werk begin .

    Dit volg nadat die vorige afrigter Carlos Parreira verlede maand weens die siekte van sy vrou bedank het.

    Santana gaan glo R1.5 m per maand oor die volgende 30 maande verdien.

    Wêreldsokker se beheerliggaam, Fifa, het Santana gewaarsku hy verwag Suid-Afrika moet sterk vertoon in aanstaande jaar se Konfederasiebeker-toernooi en in die Wêreldbeker-toernooi in 2010.

    Fifa se sekretaris-generaal, Jerome Valcke, het gister in Johannesburg gesê Fifa verwag van Suid-Afrika as die gasheer van albei toernooie om minstens die uitkloprondes te haal, het Sapa berig.

    Valcke het gesê hy is hartseer om die vertrek van die gewese Wêreldbeker-wenner Parreira te sien.

    Dit was egter Parreira wat San?tana as sy opvolger aanbeveel het.

    Valcke sê hy hoop Santana sal voortbou op die werk wat Parreira verlede jaar begin het om Bafana Bafana in ’n mededingende span te verander wat in albei toernnoie gaan meeding.

    “Die gasheer van groot toernooie soos die Konfederasiebeker- en die Wêreldbeker-toernooie moet minstens die kwarteind- of die halfeindronde haal.

    “Dit sal help om die belangstelling in die toernooi te behou,” het Valcke gister gesê.

    “Dit sal nie goed wees as Bafana in die vroeë rondes uitgeskakel word nie.

    “Dis hoekom ons hoop die nuwe afrigter (Santana) is suksesvol.”

    Die loting vir die Konfederasiebeker sal op 22 November in Johannesburg plaasvind.

    Agt van die wêreld se voorste spanne sal daaraan deelneem.

    Hulle is Italië, die wêreldkampioen, Brasilië, Egipte, Irak (die nuwe Asiatiese kampioen), die VSA, die Euro-kampioen, Oseanië-kampioen en Bafana Bafana.

    Sapa-AFP berig intussen uit Genève dat Fifa se president, Sepp Blatter, sy veldtog opnuut voortgesit het om die wêreld se voorste sokkerspelers se deelname in Europese ligas te beperk.

    Hy sê Europese klubs is besig om sokker in Afrika “leeg te tap”, omdat die beste spelers opgeraap word en die beroepsligas in Afrika dus verhinder word om na behore te groei.

    Blatter het gister sy “ses-plus-vyf-plan” uitgelê, wat klubs sal dwing om ses plaaslike spelers teen 2012 in hul beginspanne te laat speel.

    Hy wil die aantal oorsese spelers tot vyf in spanne beperk.

    Blatter het reeds in die verlede sy stem dink gemaak teen dié praktyk.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |