Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Malcolm-hulle dalk weer in die saal
Dis die MTN-fietsryspan teen die res. Dit is waarop Sondag se Suid-Afrikaanse padfietsrybyeenkoms in Oos-Londen afstuur. Nie minder nie as 12 jaers (pad- en bergfietsryers) van dié span neem aan die wedren oor 180 km deel. Die meeste van die ander spanne bestaan uit agt of minder jaers. Sondag se wedren kan ietwat verwarrend wees, want hoewel al die mansjaers saam wegspring, is daar twee titels op die spel: elite en o.23. Die roete is regverdig. Daar gaan van die jaers verwag word om teen ’n paar klimme uit te jaag, maar dit behoort nie ’n naelryer wat sy huiswerk gedoen het, te pla nie. Die opdrag aan die MTN-jaers kan wees om saam Malcolm Lange, verlede jaar se kam?pioen, en Ian McLeod, ’n voormalige ProTour-jaer, te werk en David George as ’n verrassingspakkie te gebruik. George het verlede jaar in Bloemfontein op ’n soortgelyke roete byna al sy teenstanders ore aangesit. Lange het hom eers ná ’n grootse poging in die finale naelrit geklop. Barry Austin, Neotel se spanbestuurder, is erg geheimsinnig oor sy planne. “Wag maar en kyk,” is al wat hy wou sê. Die ander beroepspanne het rede om bekommerd wees. Die wyse waarop Austin verlede jaar Nolan Hoffman gehelp het om die Suid-Afrikaanse o.23-wedren te wen, was meesterlik. Sondag neem Hoffman as ’n elite-jaer deel. “Wat teen Nolan tel, is dat hy byna ’n alleenstryd teen ons jaers voer,” sê Austin. “As Nolan aan die einde in die voorste bondel is, kan hy wen, want hy is tans die sterkste jaer in plaaslike fietsry. Omdat die meeste van ons jaers nog o.23 is, gaan dit ons doelwit wees om dié titel te wen.” Hanco Kachelhoffer van House of Paints kan dalk die groot verrassing lewer.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|