Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Meer as een van SA jaag in Tour
Barloworld het gister bekend gemaak hy sal tot einde aanstaande jaar ’n beroepsfietsryspan borg. Vir plaaslike fietsry is dit meer as goeie nuus, want dit sal amper verseker dat meer as een Suid-Afrikaanse fietsryer aan die Tour de France deelneem. Chris Fisher, bemarkingsbestuurder van die Barloworld-span, het gesê Robert Hunter, en John-Lee Augustyn is albei op die kortlys vir vanjaar se Tour. Die Keniaan Chris Froome, wat basies in Suid-Afrika geleer het waaroor beroepsfietsry gaan, sal ook vir die Tour oorweeg word. Maar vir eers is die Tour nie nie die belangrikste doelwit nie. Dié span neem van Saterdag af aan die Giro d’Italia, die tweede grootste internasionale fietstoer, deel. Claudi Corti, spanbestuurder, is vol vertroue sy jaers kan minstens een en selfs twee skofte wen. Mauricio Soler, wat verlede jaar die Tour se bobaas van die berge-afdeling gewen en ook ’n skof gewen het, word nie verniet as een van die beste klimmers in internasionale fietsry beskou nie. Daar was sprake dat Hunter ook aan die Giro sal deelneem, maar dit gaan nie meer gebeur nie. Hunter gaan hom eerder op presies dieselfde manier as verlede jaar vir Tour voorberei. Dit beteken hy neem die naweek aan ’n eendagwedren in Spanje deel. Dan sal hy ook weer in die Tour de Picardie in aksie wees. Hy het dié wedren verlede jaar gewen. Die Barloworld-span wat aan die Giro sal deelneem, is: Mauricio Soler, Enrico Gasparotto, Francesco Bellotti, Felix Cárdenas, Christian Pfannberger, Patrick Calcagni, Steve Cummings, Carlo Scognamiglio, Geraint Thomas.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|