Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Marissa moet in Beijing jaag
May 08 2008 08:45:34:087PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Wilhelm de Swardt


Sorg dat Marissa van der Merwe aan die Olimpiese Spele in Beijing deelneem.

Dít is die opdrag aan die vroue-jaers van die MTN-span wanneer hulle Sondag aan die Suid-Afrikaanse padbyeenkoms in Oos-Londen deelneem.

Suid-Afrika kan twee vroue-jaers Spele toe stuur.

Die 18-jarige Cherise Taylor het met haar sege in die Argus-toer en ’n goeie vertoning in China se vyfdaagse Chongming-toer verseker dat sy aan die Spele deelneem.

Baie kenners meen Van der Merwe moet haar spanmaat wees.

Tony Harding, Suid-Afrikaanse spanbestuurder, sê dat Van der Merwe die sterkste vroue-fietsryer in Suid-Afrika is.

“Ek glo Marissa het die vermoë om een van die wêreld se voorste tien vroue-jaers te word, maar dan moet sy meer kanse kry om internasionaal deel te neem.”

As Van der Merwe Sondag se padwedren oor 120 km wen, is dit bykans ’n uitgemaakte saak dat sy Spele toe gaan.

Daarom het Douglas Ryder, eienaar van die selfoonspan, gesê hy verwag Van der Merwe se spanmaats moet vir haar te werk.

Haar spanmaat Chrissie Viljoen het geen probleem daarmee nie.

“Ek het verlede Sondag in die Durbanse toer saam met Marissa teen die ergste klim opgejaag.

“Toe ons bo uitkom, was ek gedaan, maar Marissa het saam met die mans voortgejaag.”

Van der Merwe het vyf minute voor Taylor oor die eindstreep gejaag

“Marissa het bewys sy verdien ’n plek in die Spele-span en daarom sal ek alles opoffer om haar te help.

“As Marissa gekies word, sal ek kan spog deur te sê ek het iemand gehelp om Spele toe te gaan.”

In Sondag se roete oor 120 km is daar talle op- en afdraandes.

Volgens Van der Merwe is die klimme nie steil genoeg sodat sy weer vir almal kan wegjaag nie.

“Ons gaan probeer om die pas van die begin af só warm moontlik te maak. Hopelik slaag ons daarin om ’n klein groepie van ses of minder jaers in ’n breek weg te kry. Dit sal my pas.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |