Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Geen netbalspan lyk na volslae gunsteling
Kaapstad. – Netbal se Nasionale Liga het twee weke gelede opwindend begin. Die Tornados, die kam?pioen in dié streekkompetisie, moes hard werk voordat hulle die Comets kon ore aansit, terwyl die Thunderbirds en die Cheetahs gelykop gespeel het. Niemand wil ’n vroeë raaiskoot oor gunstelinge waag nie, en dit wil lyk of enigiemand vanjaar die titel kan wen. ’n Mens hoop die spanne sal vandag dadelik op dié goeie momentum kan voortbou nadat hulle verlede naweek ’n blaaskans gehad het. Die Tornados reis vanmiddag na Bloemfontein vir ’n kragmeting met die Vrystaatse Cheetahs. Die Thunderbirds kom in Mamelodi teen die Mermaids van KwaZulu-Natal te staan. Mariana van Zyl, die Tornados-afrigter, het gister gesê die Comets is ’n baie goeie span en kan nog ’n paar verrassings lewer. Die Tornados het die Comets met twee doele geklop. Die res van die spanne is ’n redelik onbekende faktor. Van Zyl het gesê dit is moeilik om ’n wedstrydplan volgens teenstand op te stel, want te min is bekend oor die spanne óf hul afrigters. Dit wil lyk asof die Cheetahs die minste ontwrig is sedert verlede jaar. Hulle het boonop weer die dienste van Burta de Kock as hoofafrigter nadat sy verlede jaar die nasionale breier was. Die Vrystaters spog met twee Protea-verdedigers, Karin Venter en Adele Niemand, maar die Tornados sal veral in hul pasoppens moet wees vir Doretha Joubert. Joubert het verlede jaar haar Suid-Afrikaanse debuut gemaak en kan op aanvallende vleuel of senter ingespan word. Haar voetwerk is uitstekend en sy is vinnig én rats. Sy het ’n uitstekende wedstryd teen die Birds gehad. Michelle Segal (doel) het teen die Comets goed gevaar in haar Tornados-debuut, maar dié keer sal haar visier nóg skerper ingestel moet wees. Sy sal haar nie deur die meer ervare Vrystaatse verdedigers moet laat ontsenu nie. Leanie Kleynhans (hulpdoel) sal ’n groot ondersteunende rol moet vertolk. Die Tornados het teen die Comets baie goeie druk toegepas en heelwat balle onderskep. Vanaand is haar span se opdrag egter dat méér onderskeppings in doele omskep móét word, het Van Zyl gesê.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|