Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


United, Chelsea spook sake uit
May 09 2008 10:05:48:310PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Londen. – ’n Meer spannende einde in sport kry jy nie sommer as wanneer die sokkerspanne van Manchester United en Chelsea op die laaste dag van die Engelse seisoen sake om die Premierliga-titel uitspook nie.

Hierdie naweek gebeur dit.

United en Chelsea trek gelyk met 84 punte op die Premierliga-puntelys.

United pak Wigan môre om 16:00 in die JJB-stadion en Chelsea raak terselfdertyd slaags met Bolton Wanderers op Stamford Bridge.

United kort net ’n sege oor Wigan om sy 17de Engelse titel en sy tiende Premierliga-titel sedert 1992 te verower danksy ’n baie beter doeleverskil.

Dié spanne sal ook op 21 Mei in die eindstryd van die Kampioene-liga in Moskou speel.

“Ons het die lot van die titel in ons eie hande. Ek dink nie ons hoef bekommerd wees nie,” het die Rooi Duiwels se middelveldspeler Owen Hargreaves gesê.

“Ons het nog 90 minute om te speel en dit is ’n goeie posisie om in te wees. Ons het nie ’n wedstryd in die middel van die week gehad nie en ons het baie goed geoefen. Hopelik sal ons reg wees.”

Chelsea se linksverdediger Ashley Cole het sy spanmaats gewaarsku om nie te veel aandag aan United se wedstryd in die JJB-stadion te gee nie.

“Dit sal erger wees as ons punte afstaan en United speel gelykop. Dit sal moeilik wees om te verwerk,” het Cole gesê.

“Enigiets kan in sokker gebeur. Wigan het op ons veld ’n gelykop- uitslag afgedwing, maar ons sal eers met Bolton moet afreken anders sal dit ons niks baat nie.

“Bolton sal die wedstryd wil wen, al is hulle veilig (wat relegasie betref). Ek weet die meeste van hul spelers wil ’n goeie vertoning teen ons lewer.”

As United die titel wen, sal hy binne trefafstand van Liverpool se rekord van 18 titels kom. Die Reds het egter laas in 1990 plaaslike glorie gesmaak, en het sedert die ontstaan van die Premierliga nog nie sukses behaal nie.

As United se veteraan-vleuel Ryan Giggs môre op die veld verskyn, sal hy Bobby Charlton se rekord van 758 wedstryde vir die Rooi Duiwels ewenaar. Hy kan ook sy tiende wennersmedalje verwerf.

Môre se bepalings is:

Birmingham t Blackburn Rovers; Chelsea t Bolton; Derby t Reading; Everton t Newcastle United; Middlesbrough t Manchester City; Portsmouth t Fulham; Sunderland t Arsenal; Tottenham Hotspur t Liverpool; West Ham t Aston Villa; Wigan t Manchester United. – Sapa-AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |