In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


James raak griep en wind baas op pad na kroon
May 09 2008 10:05:41:920PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Wilhelm de Swardt


James Perry van Neotel moes eers ’n virus klop en toe die stophorlosie voordat hy as die Suid-Afrikaanse individuele tydtoetskampioen gekroon is.

Perry het gister in Oos-Londen in kwaai winderige toestande die tydtoets vir elite-jaers oor 40 km in 52 minute 52 sekondes gewen.

Nic White van MTN was tweede (7 sekondes stadiger) en Kevin Evans van MTN derde (17 sekondes).

Perry het vertel dat hy so byna nie deelgeneem het nie.

“Ek het die hele week las van ’n griepvirus gehad. Tot eergister was my keel baie seer en het ek maar papperig gevoel. Gelukkig het dit betyds opgeklaar.”

Barry Austin, Neotel se bestuurder, het homself weer as briljante strateeg bewys.

Die eerste helfte van die tydtoets was omtrent alles opdraande en die tweede helfte afdraande.

Toe Austin agterkom dat die jaers met die draaislag reg teen die wind gaan jaag, was sy raad aan Perry om te sorg dat hy homself nie moeg ry teen die opdraande nie.

“Almal het geweet dat David (George) die beste klimmer is en daarom het ek vir James gesê hy moenie bekommerd raak as David aanvanklik tyd wen nie..

“Hy moet net sorg dat dit nie meer as 15 sekondes is nie. Ek het geweet dat James teen die wind en teen die afdraande die tyd sal inhaal omdat hy groter as David gebou is.”

Die plan het presies uitgewerk. George het soos verwag ’n voorsprong van sewe sekondes teen die klim opgebou, maar toe het dinge vinnig vir hom verkeerd begin gaan.

Hy het op die ou einde vierde geëindig.

George van MTN, wat al vyf keer die individuele tydtoetstitel gewen het, het geen verskonings gehad nie.

“James was die sterker ryer. Hy het verdien om te wen.”

Jay Thomson van MTN is die Suid-Afrikaanse o.23-kampioen. Wat sy oorwinning daardie bietjie meer spesiaal maak, is die feit dat hy ook algeheel die vinnigste tyd van die dag opgestel het.

Sy wentyd was 52:41. Johan Rabie van Neotel was tweede (54 sekondes stadiger) en Jaco Venter van dieselfde span derde (74 sekondes stadiger).

“Jis, ek het dit glad nie verwag nie. Dit is ’n lekker verrassing. Die feit dat ek gewen het neem baie druk van my af,” was Marissa van der Merwe van MTN se woorde nadat sy die individuele tydtoets vir vroue oor 30 km in 48:07 gewen het.

Van der Merwe het rede gehad om te glimlag. Gister was die eerste keer dat sy ’n Suid-Afrikaanse titel gewen het.

Volgens Van der Merwe het sy in die roete ’n bondgenoot gehad.

“Die eerste 15 km was omtrent alles opdraande. Ek het geweet ek sal teen die bulte goed doen.”

Van der Merwe se spanmaat Cashandra Slingerland was tweede, net 14 sekondes stadiger en Lynette Burger van Cyclelab derde (63 sekondes stadiger).


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |