In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Cheetahs woed hul uit teen Tornados
May 09 2008 10:05:28:670PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Kaapstad. – Die Cheetahs se netbalspan is op die wenpad.

Nadat dié Vrystaters in hul eerste wedstryd in die Nasionale Liga die teleurstelling van ’n gelykop uitslag gesmaak het, het hulle gisteraand in Bloemfontein vergoed met ’n oortuigende oorwinning van 39-27 oor die Tornados.

Die Thunderbirds het in Mamelodi die Mermaids met 40-21 geklop.

Die Cheetahs het die grondslag vir hul oorwinning reeds in die eerste kwart gelê toe hulle ’n voorsprong van 12-5 opgebou het.

Mariana van Zyl, die Tornados-afrigter, het gesê harde werk wag op haar span voor Vrydag se eerste tuiswedstryd.

“Dit was ’n mededingende en fisieke wedstryd. Ons het baie kanse gehad, maar te veel foute begaan.”

“Ons het gesukkel om in ons doelsirkel te kom,” het Van Zyl gesê.

Die Unicorns van Noordwes het in ’n voorwedstryd in Mamelodi die Crocodiles van Limpopo met 54-24 afgeransel. - Annchen Nel


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |