Peetkinders
Huise is nie jaloers nie. Huise is lankmoedig en vriendelik, word nie verbitterd nie en reken die kwaad nie toe nie.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Trane van blydskap vir Hennie Otto in Milaan
    May 11 2008 08:50:58:990PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Hennie Otto lag breed nadat hy gister in Milaan die Italiaanse Ope gholftoernooi gewen het. Foto: Getty Images

    Milaan. – Trane van blydskap het gister hier oor die wange die Boksburger Hennie Otto gevloei toe hy sy eerste gholftoernooi in die Europese reeks gewen het.

    Otto het die Italiaanse Ope hier op die Castello di Tolcinasco-baan met een hou gewen toe hy 69 houe, drie minder as baansyfer, op sy telkaart ingevul het. Hy het op 263 geëindig.

    Dit was een hou beter as Oliver Wilson van Engeland, wat ’n uitstekende 64 gespeel het en 24 houe minder as syfer (265) klaargemaak het.

    Sy foutlose rondte was egter nie goed genoeg om Otto van die grootste sege van sy loopbaan te weerhou nie. Otto het sowat R3.2 miljoen met dié oorwinning verdien.

    Nadat hy ’n kort set op die 18de putjie ingerol het, het Otto sy joggie omhels en het die trane opgewel.

    “Ek kan dit skaars glo. Dit is ’n droom wat bewaarheid word. Daar was vandag (gister) baie druk op my, maar ek het dit weerstaan en aan myself bewys ek kan die groot oomblik hanteer,” het ’n verligte Otto gesê.

    Hy het die laaste rondte vier houe voor sy naaste teenstander afgeslaan en bestendig gespeel. Op die 12de putjie, ’n syfer vyf, het hy ’n hou aan syfer afgestaan en dit het Wilson gelyk laat trek op 24 minder as syfer.

    Otto het dadelik weer die voortou geneem met ’n uitstekende set vir ’n voëltjie op die 13de. Daarna het hy foutloos gespeel en aan sy skrale voorsprong geklou.

    Op die 18de het hy sy bofhou in die ruveld net langs ’n sandkuil geslaan. Terwyl hy in die sandkuil gestaan het, het hy ’n perfekte naderhou geslaan wat twee meter van die vlaggie beland het.

    Hoewel sy set vir ’n voëltjie byna ingerol het, het Otto koelkop gebly en nog ’n kort set vir sy grootste oorwinning ingerol.

    Hy volg nou in die voetspore van Richard Sterne (Joburg Ope) en Trevor Immelman (Meesters) wat vanjaar reeds toernooie, wat deel is van die Europese reeks, beklink het.

    Die Sweed Robert Karlsson, wat ’n baanrekord van 61 houe in die tweede ronde gespeel het, het gister 67 gespeel om derde te eindig en ’n hou agter Wilson te eindig. - Sportredaksie


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |