Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Fergie kraai nadat Rooi Duiwels wen
May 11 2008 08:50:44:973PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die vreugdevure het gister hoog gebrand nadat Manchester United se sokkerspan die Engelse Premierliga gewen het. Die Rooi Duiwels het Wigan in hul laaste wedstryd met 2-0 geklop. Foto: Jon Super, AP

Londen. – Manchester United het die sielkundige hef in die hand, voor aanstaande week se Kampioeneliga-eindstryd teen Chelsea in Moskou.

Só het die Rooi Duiwels se afrigter, Alex Ferguson, gesê nadat sy span die Premierliga-titel die tiende keer gewen het.

United het Wigan met 2-0 in die JJB-stadion geklop om die titel te beklink.

“Dit was ’n moeilike een,” het Ferguson aan Sky Sport gesê.

“Ons het ’n paar benoude oomblikke gehad en toe dit begin reën het, het dit moeiliker geword omdat enigiets in die toestande kan gebeur.

“As ons die Kampioeneliga wen, kan ek sê dit was my beste span ooit.”

Doele van Christiano Ronaldo en Ryan Giggs was genoeg om die Rooi Duiwels die titel met twee punte te gee nadat Chelsea en Bolton met 1-1 op Stamford Bridge gelykop gespeel het.

Chelsea het gister egter ’n dubbele terugslag gekry, ná sy invloedryke kaptein, John Terry, in die eerste helfte met ’n draagbaar van die veld gedra is.

Terry en sy doelwagter, Petr Cech, het teen mekaar vasgehardloop en hy het sy elmboog ernstig beseer.

Die kanse is goed dat hy die spanne se Kampioeneliga-eindstryd kan misloop.

Dit was beslis nie een van Chelsea se beste vertonings van die seisoen nie. Dié span kan ook nie sê Wigan het nie alles gegee om ’n sege te behaal nie.

United, wat baie senuweeagtig voorgekom het, het rustyd met 1-0 voorgeloop nadat hulle twee gunstige strafskopbeslissings gekry het.

Die skeidsregter het versuim om ’n strafskop in die 33ste minuut vir Wigan toe te ken, ná United se kaptein, Rio Ferdinand, die bal met sy arm gespeel het.

’n Paar minute later het die skeidsregter beslis dat Emerson Boyce vir Wayne Rooney in sy doelgebied grond toe gebring het, terwyl dié twee vir die bal gestoei het.

Ronaldo het Wigan se doelwagter, Chris Kirkland, geklop om sy span die voortou te gee. Dit was sy 41ste doel van die seisoen en sy 31ste in die Premierliga.

Wigan se verhouding met die skeidsregter, Steve Bennett, het verder versuur, nadat hy kort voor rustyd nie ’n tweede geel kaart aan Paul Scholes uitgedeel het nie. Die middelveldspeler het Wilson Palacios op ’n bedenklike wyse grond toe gebring en dit het soos ’n sekere geel kaart gelyk.

Giggs, wie Bobby Charlton se rekord van 758 verskynings vir United geëwenaar het, het seker gemaak van die titel met ’n doel 11 minute voor die einde. Hy het nou ’n rol in al tien United se Premierliga-titels gespeel.

Birmingham City en Reading kon nie die relegasie-valbyl vryspring nie, en sal aanstaande jaar saam met Derby County in die Eerste liga speel. Fulham se sege van 1-0 oor die FA Cup-finaliste Portsmouth het dié span se bas gered. Hulle het op 36 punte geëindig. Reading het ook op 36 geëindig met ’n swakker doeleverskil, nadat hy Derby met 4-0 geklop het. – Reuters, Sapa-AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |