Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Bobby verheug oor Ryan se prestasie
Manchester. – Bobby Charlton het gister gesê hy was verheug om te sien hoe Ryan Giggs sy rekord vir die meeste wedstryde in ’n Manchester United-sokkertrui ewenaar. Die 34-jarige Giggs het Charlton nagedoen toe hy eergister as ’n plaasvervanger opgekom het in United se sege van 2-0 oor Wigan in die JJB-stadion. Met dié oorwinning het die Rooi Duiwels die Engelse Premierligatitel beklink. Dié Walliese vleuel het sy ongelooflike dag met ’n doel laat in die tweede helfte afgerond om te verseker dat United sy titel suksesvol verdedig. Charlton, wat van 1954 tot 1973 vir United gespeel het, was by die JJB-stadion om Giggs se prestasie te aanskou. Hy was in sy noppies om sien dat só ’n toegewyde speler sy rekord ewenaar. “Ek gee glad nie om dat Ryan die rekord oortref nie. As ek iemand kon kies wat dit by my moet afneem, sal dit Ryan wees,” het Charlton gesê. “Die dag toe hy hom by Manchester United aangesluit het, het ek geweet hy is ’n spesiale speler. “Hy is ’n briljante atleet, ’n goeie mens en ’n ongelooflike sokkerspeler. Hy verdien om rekords te verbeter.” “Jy moet ’n lang tyd hier wees om die hegte band met die klub te verstaan. “Sy vertoningslys by Manchester United is ongelooflik en ek is baie trots op hom. Ek het al van my rekord vergeet.” Die 70-jarige Charlton was ’n lid van die United-span wat die klub se eerste Europese Beker in 1969 gewen het. Hy glo Alex Ferguson en sy span kan United se derde titel aanstaande week in Moskou verower. As United sy Engelse vyand Chelsea in die Kampioeneliga-eindstryd op 21 Mei in Moskou klop, verdien Charlton ’n klop op die skouer. United-ondersteuners het in 1990 vertroue in Ferguson verloor ná ’n rits swak vertonings. “Daar was gerugte dat hy die trekpas sou kry, maar Charlton het as direksielid van United volgehou dat dié Skot die regte man vir die pos is. Hy is oor die laaste 18 jaar reg bewys. “Alex is ongelooflik. Dit sal fantasties wees as hy weer die Kampioeneliga wen. “Dit gaan egter moeilik wees,” het Charlton bygevoeg. – Sapa-AFP
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|