Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ajax het plan om Santos te fnuik – Vonk
Kaapstad. – Ajax Cape Town het ’n plan beraam om Santos se sokkerspan se hardnekkige verdediging te knak. Só het Ajax Cape Town se kaptein en doelwagter, Hans Vonk, gister gesê voor sy span se derby-kragmeting met die People’s Team Donderdag in die Athlone-stadion. Dié voormalige Bafana Bafana-doelwagter en sy spanmaats berei voor vir dié belangrike Premierliga-wedstryd, terwyl hul ander spanmaats vandag uit die Kameroen terugkeer. Die Urban Warriors se tweede span is Sondag deur Mount Cameroon uit die Konfederasiebeker-reeks geboender. Hy is in Yaounde met 5-0 kafgedraf. Ajax het die kragmeting met ’n doeltotaal van 5-6 verloor, nadat hy die eerste wedstryd in die Athlone-stadion met 5-1 gewen het. Craig Rosslee, Ajax se afrigter, het besluit om nie met sy voorste spelers in dié wedstryd te waag nie. Die span kom eers vanoggend uit die Kameroen aan en speel Donderdag teen Santos. Santos se verdediging was een van dié span se goeie kenmerke dié seisoen. Hy speel met vyf verdedigers in die laaste vesting, waarvan een van die verdedigers die teenstanders se top-speler soos ’n irriterende poedel oppas. “Die stelsel het vir hulle (Santos) goed gewerk, sedert David Bright (afrigter) hom by die span aangesluit het,” het Vonk gesê. “Hulle sit gewoonlik terug en vang jou op die teenaanval met hul vinnige aanvallers. Ons sal daarteen moet waak, self goed verdedig en ons besit beskerm. Ons het doele nodig om te wen en het die week hard gewerk aan ’n plan om hulle uit te oorlê,” het Vonk gesê. Hoewel Santos realisties gesproke nie meer die titel kan wen nie, sal hy steeds ’n moeilike teenstander wees. Die Urban Warriors moet wen om hul titeldrome lewendig te hou. Santos (45 punte, derde) se kanse is baie skraal om die liga te wen nadat hy eergister gelykop gespeel het teen Thanda Royal Zulu. Ajax CT (50 punte, tweede) is een punt agter SuperSport United en kan nog wen as hy in sy laaste twee wedstryde seëvier en United een keer vasval.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|