Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Skerm is baie soos skaak
May 12 2008 09:47:17:947PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Adéle du Plooy is die afgelope vyf jaar Suid-Afrikaanse sabel- kampioen. Foto: Herman Verwey
Wilhelm de Swardt


’N Skaakspel met lemme.

Dít is hoe Adéle du Plooy haar gunsteling sportsoort beskryf.

Dié 29-jarige sportsielkundige van Johannesburg is een van sewe skerm-atlete wat Suid-Afrika op die Olimpiese Spele in Beijing gaan verteenwoordig.

Du Plooy se wapen is die sabel en sy was al vyf keer die Suid-Afrikaanse kampioen.

Volgens haar kan geen ander sportsoort by skerm vashou nie.

“Jy moet blitsig dink en baie goeie reflekse hê.

“Binne ’n breukdeel van ’n sekonde moet jy ’n plan kan uitwerk om jou teenstander uit te oorlê en as dié plan nie werk nie, moet jy onmiddellik ’n ander een beraam, anders verloor jy punte.

“Skerm is soos skaak, het iemand gesê.

“Dis egter baie vinniger, al weet ek nie regtig hoe om skaak te speel nie,” het Du Plooy laggend gesê.

Sy sê drie wapens word in skerm gebruik: die sabel, floret en degen.

“Die sabel-afdeling waaraan ek deelneem, is baie vinnig.

“Dit kan met die 100- en 200 m-wedlope in atletiek vergelyk word.

“Omdat alles só vinnig gebeur, is dit baie belangrik om presies te wees in wat jy doen.

“Jy moet jou teenstander tref wanneer jy na hom steek.

“Die floret-afdeling is die middelafstande van atletiek. Alles gebeur steeds vinnig, maar jy het ’n bietjie meer tyd om jou aanvalle te beplan.

“In die degen-afdeling is uithouvermoë belangrik. Ek moet bieg ek is heeltemal te lui om met ’n degen te skerm.”

Hoe belangrik is fiksheid in skerm?

“Baie. In skerm is vaart en krag baie belangrik.

“Jy moet vinnig vorentoe en agtertoe kan beweeg en net soos in skaak gaan jy sukkel om ordentlik te dink as jy nie fiks is nie.”

Dít word beaam deur Mike Wood, Du Plooy se Olimpiese spanmaat.

Wanneer sy nie skerm nie, ry Du Plooy in haar vrye tyd fiets.

Sy het die Argus-wedren reeds drie keer voltooi en spog ook met vier 94.7-medaljes.

“Ek neem al nege jaar aan skerm deel en leer elke keer iets nuut omdat elke geveg anders is.”

Oor haar deelname aan die Spele is Du Plooy heel realisties.

“As ek die eerste ronde oorleef, het ek goed gedoen.

Die belangrikste is om soveel moontlik te leer sodat ek my kennis kan terugploeg en ons jonger deelnemers aan skerm daarby kan baat vind,” het Du Plooy gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |