Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Bafana sonder Elrio, kommer oor Steven
Kaapstad. – Suid-Afrikaanse sokker het ’n groot terugslag beleef voor aanstaande maand se belangrike kwalifiserende wedstryde vir die Afrikabeker-toernooi in 2010 in Angola. Die middelveldspeler Steven Pienaar het water op die knie en kan vir ’n geruime tyd buite aksie wees. Volgens kickoff.com sukkel dié Everton-spelskepper al ’n hele ruk met die probleem. Die kanse dat hy op 1 Junie vir Bafana Bafana in hul eerste wedstryd teen Nigerië in Abuja sal kan speel, is baie skraal. Dié voormalige Ajax CT-speler het egter in sy klub se laaste twee wedstryde die volle 90 minute teen Arsenal en Newcastle United gespeel. Pienaar het vroeër vanjaar ook Bafana se Afrikabeker-wedstryd teen Senegal in Kumasi, Ghana, weens ’n enkelbesering misgeloop. Hy is hierna in die media daarvan beskuldig dat hy bloot voorgegee het om beseer te wees. Voor dit was hy Bafana Bafana se beste speler in die toernooi. Suid-Afrika sal reeds sonder die dienste van nóg ’n Afrikabeker-uitblinker, Elrio van Heerden, wees. Hy het verlede week ’n knie-operasie ondergaan en sal tot aan die einde van Julie buite aksie wees. Hy het sy knie beseer tydens ’n oefensessie van sy Belgiese span, Club Brugge. Daar is ook nog kommer oor die fiksheid van Benni McCarthy en die Orlando Pirates-middelveldspeler Teko Modise. Mccarthy, ’n doelskieter van Blackburn Rovers, sukkel met ’n dyspierbesering. Hy behoort egter einde vandeesmaand slaggereed te wees. Modise sukkel ook met ’n beenbesering. Hy het die naweek se Soweto-derby teen Kaizer Chiefs misgeloop. Bafana se nuwe afrigter, Joel San?tana, word eers volgende week in Suid-Afrika verwag.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|