Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Chauke benodig net Olimpiese medalje vir sy versameling
Jackson Chauke wil vir Suid-Afrika nog een medalje in die bokskryt losslaan voordat hy geld met sy vuiste begin verdien. Dié 23-jarige vlieggewigbokser het voorverlede jaar in Melbourne op die Statebondspele ’n silwermedalje verower. Eintlik het Chauke al in feitlik elke belangrike toernooi waarin hy Suid-Afrika verteenwoordig het ’n medalje verower. Hy benodig net ’n Olimpiese medalje en dan is sy versameling as amateurbokser volledig. Chauke, wat vandag of môre na die Oekraïne vertrek, is vol vertroue dat hy op die Olimpiese Spele in Beijing ten minste ’n silwer- of bronsmedalje sal losslaan. “Ek gee eintlik nie om wat die kleur van my medalje is nie. Al wat saak maak, is dat ek ’n medalje verower.” Chauke, wat al met meer as 80 seges in die amateurkryt spog, is realisties oor wat hy moet doen om sy doelwit te bereik. “Ek moet daaraan werk om vinniger houe te slaan wat punte tel.” Chauke sê as hy ’n medalje op die Spele verower, bly daar vir hom geen uitdaging as amateurbokser oor nie. “Daarom wil ek ná die Spele ’n beroepsbokser word. “Ek dink dit is hoog tyd dat ander boksers ’n kans kry om Suid-Afrika op Spele te verteenwoordig.” Barries Barnard, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Amateur-Boksorganisasie, bestempel Chauke as een van die bestes. “Jackson is een van die intelligentste boksers met wie ek nog gewerk het. Sy krytvernuf is ongelooflik. Baie boksers kan by hom leer. “Net die feit dat Jackson vir die Spele gekwalifiseer het, is ’n bewys dat hy ’n baie goeie bokser is. In Afrika het net 60 boksers gekwalifiseer.” Chauke is die enigste Suid-Afrikaanse bokser wat in Beijing in aksie sal wees. Die enigste aspek van Chauke se tegniek waaroor Barnard bekommerd is, is die feit dat hy soms sy gevegte te stadig begin. “Jackson is geneig om soms in die eerste ronde te versigtig te boks omdat hy eers sy teenstander probeer opsom. “Jy kan dit nie in amateurboks bekostig nie omdat alles om punte draai. “Op die Spele is dit belangrik dat Jackson die eerste ronde met twee tot drie punte wen. Kyk maar na die statistiek. “Bitter min boksers wat die eerste ronde gewen het, verloor hul gevegte. “Dit is omdat die beamptes hulle op die bokser toespits wat vroeg voorloop.” Barnard wys daarop dat bitter min gevegte in amateurboks met uitklophoue gewen word. “In verlede jaar se wêreldtoernooi was daar in 500 gevegte net drie uitklophoue.” Barnard sê Chauke is deel van ’n groep Afrika-boksers wat saam vir die Spele gaan voorberei. Ná die toernooi in die Oe?kraïne gaan Chauke en sy oefenmaats van Afrika in Taiwan oefen en deelneem. Daar is selfs sprake dat hulle twee weke lank in Kuba sal oefen.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|