Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


SA jaer nog hier, toe weg!
Jul 22 2008 09:49:53:417PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Stadig oor die klippe. Suid-Afrika se John-Lee Augustyn kan sy sterre dank dat hy nie ernstig beseer is in die 16de skof van die Tour de France nie. Augustyn het skitterend gejaag en was eerste oor die Col del la Bonette-Restefond, die hoogste klim in dié Tour, toe hy beheer oor sy fiets verloor het en oor die afgrond getuimel het. Foto: Ian Langsdon, EPA
Wilhelm de Swardt


John-Lee Augustyn van Barloworld was voor en hy kon die 16de fietsryskof van die Tour de France gewen het, maar toe verdwyn hy oor die afgrond.

Die 21-jarige Augustyn, die jongste jaer in vanjaar se Tour, het gister ’n paar minute lank die hele internasionale fietsrygemeenskap laat regop sit toe hy eerste oor die Col del la Bonette-Restefond, die hoogste klim in die Tour, gejaag het.

Daar is toe bespiegel dat Augustyn dié skof kon wen. Maar dinge het binne enkele sekondes en teen ’n hoë snelheid vinnig vir Augustyn skeefgeloop.

Om een van die skerpste draaie het hy beheer oor sy fiets verloor.

Dit was ’n klassieke geval van nou sien jy hom en toe is hy net weg.

Sekondes later kon daar op televisie gesien word hoe Augustyn en sy fiets teen afsonderlike snelhede teen ’n steil berghang afgly.

Augustyn het 50 meter verder tot stilstand gekom en toe hande-viervoet begin terugkruip onderwyl sy fiets verder afgegly het.

Terug op die teerpad het ’n verwese Augustyn langs die pad gestaan en wag op sy spanmotor om vir hom ’n spaar fiets te gee sodat hy verder kon ry.

“Ek is baie gelukkig om nie ernstige beserings op te doen nie. Net voordat ek oor die afgrond is, het ek gedink ‘ek gaan weer iets breek’. Dit was verskriklik.

“Ek het ‘verkeerde lyn’ gevat. Ek het probeer rem, maar was te vinnig om die draai en toe is ek oor die afgrond,” het Augustyn aan Sapa-AFP gesê.

Gister se 16de skof sal waarskynlik nog lank by Augustyn spook oor wat kon gewees het, want hy was agtste oor die Col de la Lombarde, ’n buite-kategorie klim.

Hy was uiteindelik 35ste, 5 minute en 27 sekondes ná die wenner. Sy spanmaat Robert Hunter was 128ste.

Cadel Evans, een van die gunstelinge, het op presies dieselfde plek as Augustyn so byna van die pad afgejaag.

Chris Fisher, Barloworld se bemarkingsbestuurder, kon nie help om te wonder waarom sy span só gestraf word nie.

“Daar is 150 jaers in die peloton. Raai watter span se jaer val? Ons s’n.”

Dié skof oor 157 kilometer is deur Cyril Dessel van AG2R in 4 uur 31 minute 27 sekondes gewen. Sandy Casar van Fran?se des Jeux was tweede en David Arroyo van Caisse d’Epargne derde. Dié jaers was almal agter Augustyn teen die klimme.

Frank Schleck van CSC dra steeds die geel trui..


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |