Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Oscar word bevoordeel, sê Ross
Kaapstad. – Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius word beslis deur sy kunsbene bevoordeel. Dít is die mening van dr. Ross Tucker van die Instituut vir sportwetenskap hier in Nuweland. Tucker het gister ’n lesing hier gehou waar hy die hele kwessie rondom Pistorius se gebruik van kunsbene deeglik ontleed het. Pistorius probeer om in die 400 meter vir die Olimpiese Spele in Augustus in Beijing te kwalifiseer. Die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies, IAAF, weier dat hy saam met gewone atlete deelneem. Pistorius het appèl by die arbitrasiehof vir sport aangeteken, asook toetsuitslae wat die IAAF se stelling weerlê dat hy ’n voordeel bo gewone atlete geniet. Sy appèl word einde vandeesmaand aangehoor. Tucker het die toetsuitslae van prof. Peter Bruggeman, wat deur die IAAF aangestel is, bestudeer. Volgens Tucker gebruik Pistorius 25 persent minder suurstof as die gewone atlete wanneer hy hardloop. Nie-gestremde atlete hardloop stadiger oor die laaste 200 meter van ’n 400 meter-wedloop. Pistorius is die enigste atleet in die geskiedenis wat sy tweede 200 meter vinniger aflê. “Al begin hy stadiger, is daar bevind dat hy aanhou om te versnel, wat gewone atlete nog nooit kon regkry nie. By die 300 meter-merk versnel Pistorius steeds en nie-gestremde atlete begin dan stadiger hardloop,” sê Tucker. Pistorius het verlede maand ook sy eie toetse in Houston, Texas, laat doen. Die uitslae het hemelsbreed van die IAAF s’n verskil, maar die atletiekbase het nie dié toetse aanvaar nie. Hy het verlede jaar in Rome aan ’n byeenkoms in die Goue Liga-reeks deelgeneem waar hy tweede met ’n tyd van 46.90 sekondes geëindig het. Dit was die eerste keer dat die 21-jarige Pistorius op hoë vlak teen gewone atlete deelgeneem het. Op die Paralimpiese Spele in 2004 in Athene, Griekeland, het hy ’n goue- en bronsmedalje verower.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|