Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Victor kan baie verbeter, sê Kaai
Kaapstad. – “Hy is die beste junior diskusgooier in die wêreld.” Dít is die mening van Kaai Preller, afrigter van die 18-jarige Victor Hogan. Hogan het in die naweek in die LC de Villiers-stadion in Pretoria op die Suid-Afrikaanse junior en jeugbyeenkoms (o.18 en o.20) ’n nasionale rekord verbeter wat amper 15 jaar op die rekordboeke gepryk het. Hogan se wengooi was 63.94 m. Die junior wêreldrekord is 67.32 m. Dié junior diskusgooier van Kleinmond het Frits Potgieter se Suid-Afrikaanse junior rekord (63.46 m) verbeter. Die rekord is al in 1993 opgestel. Volgens dié gewese leerling van die Hoërskool Overberg in Caledon het hy ná sy matriekjaar besluit om Bloemfontein toe te trek. Dit het hom die geleentheid gebied om met Preller te werk en dit het beslis vinnig vrugte begin afwerp. “Ek het nie daardie afstand verwag nie, maar dit gaan my selfvertroue ’n geweldige hupstoot gee voor die Wêreldbyeenkoms vir juniors wat van 13 tot 18 Julie in Bybgoszcz, Pole, plaasvind. “Ek weet ek kan nog verder gooi. “Ek sal graag dié byeenkoms wil wen en my mikpunt is nou om oor die 65 m te gooi,” het Hogan gesê. Volgens Hogan se afrigter het sy atleet sonder twyfel die vermoë om nog baie te verbeter. “Saterdag het Victor gevoel hy kan nog baie verder gooi. “Op die oomblik gebruik hy meestal sy bolyf en maak meestal op sy krag staat. “Victor is maar nog baie skraal in die bolyf en dit sal ook nie goed wees om te oorhaastig te wees nie. “Hy sal stelselmatig sterker word en die afstande nog beter. “As hy sy tegniek opskerp en leer om sy onderste ledemate beter aan te wend, kan hy nog baie verder gooi.” Al meen Preller Hogan is die beste junior diskusgooier in die wêreld, gaan die o.19-wêreldrekordhouer, Mykyta Nesterenko, van die Oekraïne ’n groot bedreiging vir Hogan inhou. Dié twee gaan mekaar die stryd in Pole aansê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|