Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Wilhelm droom ook van Spele in China
Apr 22 2008 09:27:05:727PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Adnaan Mohamed


Kaapstad. – “Ek het dit glad nie verwag nie en dit sal nog ’n rukkie neem om in te sink.”

Só sê die 18-jarige naelloper van Grabouw Wilhelm van der Vyfer, die vinnigste man in Suid-Afrika vanjaar.

Dié Matie-atleet het Vrydag op die Suid-Afrikaanse junior- en jeugbyeenkoms in Pretoria verras toe hy die 100 m in 10.30 sekondes afgeblits het - die vinnigste tyd vanjaar. Dit is ook ’n nasionale o.18-rekord.

“Dit was beslis ’n groot verrassing. Ek wou tussen 10.40 en 10.50 hardloop en het glad nie aan 10.30 gedink nie,” het ’n trotse Van der Vyfer gesê.

Dié gewese leerling van die Hoërskool Paul Roos in Stellenbosch het op die nasionale senior byeenkoms in die derde plek geëindig.

Die wind het dié dag baie sterk gewaai en van vinnige tye was daar beslis nie sprake nie.

Van der Vyfer het nou sy visier gestel op die Wêreldbyeenkoms vir juniors van 13 tot 18 Julie in Bybgoszcz, Pole.

“Ek wil geen voorspellings oor moontlike medaljes waag nie. Al wat ek wil doen, is om goed voor te berei vir dié byeenkoms.

“Ek oefen tans vyf keer per week. My afrigter, Wium Mostert, spoor my baie goed by die slypsessies aan. Soggens doen ek ligte oefeninge met hoë repetisies in die gimnasium en in die middae konsentreer ek op eksplosiewe vaartoefeninge.”

Dié Matie sê sy 10.30 het baie vir sy selfvertroue beteken. Soos enige ander atleet droom hy om aan die Olimpiese Spele wat in Augustus in Beijing, China, plaasvind, deel te neem.

“Wie weet, as ek my tye verbeter kan ek dalk die 4 x 100 m-aflosspan haal.”

Intussen oefen hy saam met sy 25-jarige broer, Marthinus. Marthinus, die nasionale o.17-rekordhouer in die 110 m-hekkies, slyp weer ná ’n dyspierbesering.

“Ek en Marthinus sal mekaar lekker by die slypsessies kan aanspoor.

“Ek gaan eers in Junie aan ’n Afrika-byeenkoms vir die Suidelike Streek in Zimbabwe deelneem om my te help opskerp vir die Wêreldbyeenkoms vir juniors.

“Dit gaan as ’n opwarmbyeenkoms dien en ek sal daar ’n goeie idee kry van hoe ver ek gevorder het,” het Van der Vyfer gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |