Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Gert kan nie deelneem
Kaapstad. – Die marathon-atleet Gert Thys se skorsing van twee jaar vir die gebruik van verbode middels het vandeesweek verstryk, maar volgens Atletiek Suid-Afrika (ASA) mag hy nie aan wedlope deelneem nie alvorens hy skuldig pleit vir opkikkergebruik nie. Dié 36-jarige langasem van Noordwes het op 12 Maart 2006 die Seoel-marathon in Suid-Korea gewen, maar hy het agterna positief vir die verbode middel nandroloon getoets. Hy is van sy prysgeld gestroop en twee jaar lank geskors. Volgens Thys se prokureur, Pieter-Willie Becker van Schweizer-Reneke, het hulle ’n skrywe van die Interna?sionale Atletiekfederasie, die IAAF, en ASA gekry waarin gevra word dat Thys eers skuldig pleit voordat hy weer toegelaat sal word om aan wedlope deel te neem. “Ons het só ’n amptelike brief ontvang, maar Thys glo dat hy onskuldig is en dat dit ’n klad op die res van sy loopbaan sal plaas. Ons het klaar die IAAF en ASA laat weet dat Gert dit nie gaan aanvaar nie,” het Becker gister gesê. “Die saak sloer twee jaar lank. Daar het nog nie ’n billike verhoor plaasgevind nie en dit is glad nie weens Gert se versuim nie. “ASA het nooit getuienis beskikbaar gestel nie. Tot dusver het ASA alle versoeke geïgnoreer en die saak word elke keer uitgestel. Die saak gaan nou weer op 16 Mei verhoor word en hopelik gaan die meriete van die saak regverdig aangehoor word,” het hy bygevoeg. ’n Erg omgekrapte Thys sê hy is onskuldig. “Dit maak nie saak hoe lank dit neem nie, maar hy sal die saak na die arbitrasiehof vir sport in Lausanne, Switserland, toe neem as dit moet. “Ek gaan nooit skuldig pleit nie. Volgens die IAAF se reëls moes hy gedurende dié twee jaar dat ek geskors was, vier toetse gedoen het. Dié toetse is nooit gedoen nie. “Hulle (ASA) het nie aan die vereistes voldoen nie en nou word ek gedreig. “Ek het vir twee jaar lank baie geld verloor. “ASA dra nie die atlete se belange op hul hart nie,” sê Thys. Volgens die uittredende uitvoerende hoof van ASA, Linda Ferns, is Thys se saak nog nie aangehoor nie en kan sy nie kommentaar daaroor lewer nie. “Al wat ek weet, is dat hy (Thys) in 2006 positief getoets is vir nandroloon en hy was twee jaar lank geskors,” sê Ferns.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|