Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ernst van Dyk laat die wiele rol in Seoel
Kaapstad. – Die rolstoel-atleet Ernst van Dyk het sy tweede marathon-sege binne sewe dae behaal toe hy gister in die Seoel-rolstoelmarathon koning gekraai het. Verlede Maandag het dié atleet van Stellenbosch die Boston-marathon die sewende keer gewen. Gister het hy die baanrekord met 30 sekondes in die Olimpiese stadion in Suid-Korea oortref. Sy wentyd was 1 uur 21 minute en 45 sekondes. Die kampioen, Kurt Furnley van Australië (1:28.40), was tweede en Sasahara Hiroki van Japan (1:29.11) derde. Volgens Van Dyk was dit veral verblydend vir hom om sy tweede groot oorwinning binne sewe dae in sy splinternuwe rolstoel te behaal. “Dit was beslis die moeite werd omdat die reis tot hier baie uitputtend was. Die Olimpiese fakkel-wedloop het ook gedurende ons wedren hier plaasgevind. Dis ’n wonderlike manier om die seisoen te begin,” het Van Dyk gister ná sy sege per e-pos laat weet. “Dit was koel en die wind was nie te sterk nie. Ná 5 km was daar ’n steil heuwel. Ek het besluit om daar die pas te versnel wat die voorste groep na net agt jaers uitgedun het,” het hy vertel. Ná sowat 8 km het Hiroki die voortou geneem en die gaping tussen die groep en hom laat rek. Van Dyk het Hiroki agternagesit en probeer om by hom te bly. Van Dyk en die Australiër Furnley het hard gewerk, maar die Japannees het aan sy voorsprong geklou. Van Dyk het gesê hy het gevoel hy kon Hiroki enige tyd verbygaan, maar het eerder besluit om net agter hom te bly. “Ek het vir die regte oomblik gewag. Toe ons ’n afdraande kry het ek verby hom en ’n Spaanse jaer geskiet. Ná dit was dit ’n wedren tussen my en die stophorlosie. “Dit was soos ’n tydtoets. Ek het agtergekom dat ek ’n goeie kans het om die baanrekord en dalk ook die wêreldrekord te laat spat. “Ek het diep gedelf en het my liggaam tot die uiterste beproef. My hartklop per minuut vir die hele wedren was rondom 185.” Met sowat 5 km oor, het Van Dyk geweet hy sou nie die wêreldrekord oortref nie. “Daar was ’n verkeersopeenhoping by die omdraaipunt met ’n paar van die plaaslike ondersteuners wat die pad versper het. “Ek moes my vaart verminder en het kosbare sekondes in die proses verloor. Ek het bereken ek kon dalk nog die baanrekord van 1:22.17, wat verlede jaar deur Kurt opgestel het oortref, maar teen die einde was ek net baie gelukkig ek kon dit kry. “Ek het ook my tyd van verlede jaar se Oita-marathon met meer as 90 sekondes verbeter.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|