Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Drie van SA se atlete in heldesaal vereer
Apr 30 2008 09:26:27:313PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jacques Freitag seil oor die dwarslat op die Wêreldbyeenkoms in 2003 in Frankryk. Freitag is gisteraand in 'n nuwe heldesaal in Addis Abeba vir sy prestasies vereer.Foto: Tertius Pickard, Gallo Images
Wilhelm de Swardt


Waar is Suid-Afrika se atlete en hoekom hoor ons niks van hulle af nie?

Dié twee vrae is gister herhaaldelik deur bekommerde plaaslike ondersteuners gevra wat wil weet hoe die Suid-Afrikaanse atlete op die Afrika-byeenkoms in Addis Abeba in Ethiopië vaar.

Claudia Viljoen, vriendin van LJ van Zyl, het gisteraand laat weet dat sy sedert die span uit Suid-Afrika vertrek het, nog niks van LJ af gehoor het nie.

Van Zyl en Ockert Cilliers was veronderstel om gister aan die eerste uitdun van die 400-hekkies deel te neem.

Ter de Villiers, Suid-Afrika se ander 400-hekkiesatleet, se afrigter, Bessie Windell, sê dat sy De Villiers met die goedkeuring van Atletiek Suid-Afrika (ASA) aan die Afrika-byeenkoms onttrek het. Hy het las van spierbesering en volgens Windell wil sy geen kanse waag nie.

Die dogter van die spiesgooi-afrigter Terseus Liebenberg is ook raad-op oor die span se doen en late.

Selfs Molatelo Malehopo van ASA was gisteraand met sy hare in sy hande omdat hy nie enige nuus uit Addis Abeba ontvang het nie.

Op dié byeenkoms se amptelik webwerf kon daar darem vasgestel word dat Geraldine Pillay tot die eindronde van die 100 m deurgedring het met ’n tyd van 11.58 s.

Sibusio Sishi het die 400 in 47.15 s afgelê en tot die halfeindronde deurgedring, asook Ofentse Mogawane (47.46) en Pieter Smith (47.57).

Christine Ras het met 13.86 s in die 100-hekkies tot die halfeindronde deurgedring.

Hannes Dreyer met 10.36 s in die 100 is ook deur tot die eindronde asook Tsholofelo Thipe wat die halfeindronde van die 400 m in 53.48 s afgenael het.

  • Intussen het die Konfederasie van Afrika-atletiek gisteraand 35 legendes vereer deur hulle in te huldig in ’n nuwe heldesaal. Dit is die eerste keer dat atlete van dié kontinent op dié wyse vereer word.

    Suid-Afrika se Marius Corbett, ’n gewese spiesgooi-wêreldkampioen; Jacques Freitag, ’n gewese hoogspringwêreldkampioen, en Josiah Thugwane, ’n gewese Olimpiese marathon-kampioen, is tussen dié legendes.

    Freitag het gesê dat dit vir hom as ’n jong atleet ’n geweldige eer is om op dié wyse vereer te word, maar dadelik bygevoeg dat sy atletiekloopbaan nog nie verby is nie.

    “Ek is nog jonk en het weer ernstig begin oefen.

    “Hopelik kan ek Afrika weer trots op my maak,”het die hoogspringatleet gesê.

    Frankie Fredericks, wat een van die wêreld se voorste naellopers was, is ook vereer.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |